Landskappe geskets van herinneringe
en die ysige aarde glinster
onder tienduisend sterre
waar die maan silwer skaduwees
oor die sneeu strooi
Die somer gaan verby
ek voel hoe die rooi-geel blare
onder my voete knars-knars
terwyl die wind speel in my spore
wanneer die winter my vind
in wenende mineure
in monochroom kleure
voel ek hoe die koue kraak, in my naakte bene
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2018 - Digkuns projek