Oomblikke toe tyd stilstaan
Hulle se dis oomblikke toe tyd gaan stilstaan,
die eerste oogopslag wat alle pyn laat vergaan.
Dis die klein voete
wat diep spore kom trap
klein handjies wat in joune sit
om deur hierdie lewe te stap.
Die nat soene
stywe drukkies
en dit maak n hart vol
al hierdie stukkies.
Dis ‘n Gods gawe
elke traan, elke lag
maak alles die moeite werd
elke liewe dag.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir FEBRUARIE 2026 – OOP projek