bosvark jag
foksies se asems jaag
langbeen soos hul ouers was
rats en vinnig oor gras en bos
lig gebou, gebou om te hou
ou vette kreun en knars
deur bosse en takke woes
snork en ploeg met tande
alles moet net weg koes
foksies kry sy snuf
en jaag met onheilige geluid
van tjankende waansin agterna
hier kom ‘n ding vandag
stoom rollend hol hy
links en regs swaai hy
bewaar die honde siel
wat in sy pad kom
skielik hap ‘n tand
skeur sy boud se vel
swaai hy om in venyn
en storm terug
nou is dit oorlog
wie gaan eerste lê
foksies of ou vette
bloed en skuim
dan kom ou vette
stotterend tot stilstand
as die lood hom vierkantig
in sy spore laat sak
opgehang maak hy
‘n baie goeie stuk vleis
al is hy aasvreter en vuil
gestopte boud is koning
foksies floreer
op fyn beentjies
kaiings en karmenaadjies
wat ou vette vir hul los
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.