
“LIEFDE”
outydse
verlief, verloof, getroud
kom in baie kategorieë voor
die eerste aangetrokkenheid
van een mens vir die ander
emosioneel en aangebore
voortplanting drang
die “liefde”
van ons Skepper
is nie mens gemaak
al wil jy is jou neiging
anders en swak gerig
dit is ‘n nuwe lewe
waaraan jy deel
mense liefde
of om ander lief te hê
soos jouself is soos ouers
se liefde vir hulle kinders
onvoorwaardelike liefde
kom net uit genade
van God self
bewustelike liefde
is aangeleer en soms vlak
om deel te wees van Sy “liefde”
strek so ver as die hemelruim
en so naby as elke sel
van Sy skepping
in en om jou
soek Sy “Liefde”
totdat jy dit ervaar
gee jou oor daaraan
begin dit leef en geniet
om nie langer te begeer
die toekoms te beheer
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.