bokser
stil en stug was hy
nooit emosie gewys
altyd stug op sy plek
sy vriende was eerlik
sy vyande was min
want so stil soos
hy was, so hard
kon hy slaan
op my duin
sit ek en onthou
hoe goed hy kon slaan
met een hou platgeslaan
net een reguit hou na lyf
val ‘n teenstander plat
met gekraakte ribbes
of gekneusde lyf
©Teárlach
(Ek onthou, Sollie)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.