
simfonie (silwer)
simfonie
die kakofonie van klank skryn
soos krassende kraaie
dissonant
steen des aanstoots
stem elkeen blatant in
solo
‘n instrument
met wedywerende toonhoogte
en tiradiese tempo
kerm crescendo’s selfsugtig
falsetto in stryd teen tyd
wanneer maestro sy stokkie lig
daal doodse stilte sereen neer
frappant swiep die maat begerig
vanaf sy slanke gewrig, kalmerend
in absolute beheer, hipnotiserend
gehoor hou hul asems op … afwagtend
met eens seën legato note … meevoerend
soos hemelse kore betowerend begin ‘n simfonie in sekure harmonie
© Retha van Deventer, 29 September 2025.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.