
Die vrede in stilte
Die stilte in my
vra geen vrae nie
dit beweeg stadig
tot waar ek myself
in die holte
van vrede vind
ñ plek met geen tyd
ñ wêreld waar
enige iets moontlik is
waar my stem gehoor
en my woorde verstaan word
ñ plek waar die geraas
van die roekelose wêreld
verdwyn
en ek kan glimlag
want my stilte sê alles.
Chantelle Holder © 2016
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.