Jongste aktiwiteit:

tol

 

 

soos ‘n klimtol

is my lewe nog altyd

solank jy momentum hou

wiel jy op en af teen die tou

daardie lewensaar van sigbaarheid

daardie goue draad wat jou heel hou

eendag is eendag – breek die draad

dan tol jy wankelend na benede

waar elke siel eers moet gaan

om te rus – om te wag

op die nuwe lewe

die helderblink

nuwe aar

rol nou

tol

rol aan

maak jou

wendinge klaar

 

© Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed