Tyd se uurglas
Tyd se uurglas en vergete se uitvee, hou hande vas terwyl die pad van vooruitsig oor hulle voete nader kruip. Ontmoeting met ‘n glimlag, troos hierdie man se gemoed. ‘n uitbarsting van klein wees, kettie skiet en damswem, baljaar in die hoeke van sy hart. Die ritme van musiek speel die dromme van bloed se vloei. Hoe mooi lyk jy vanaand! Sterre en skemerson se jaloesie oor jou, kruip agter wolke van skaamte weg. Net ‘n sekonde in jou aangesig, besit stom en verwondering van hierdie oë. Nooit sal die woorde van groet op die lippe kan lê, maar eerder jou hand in myne saggies te kan hê.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.