Jongste aktiwiteit:

Waar Skadu en Stilte Stry

Dorre eensame karoo, bevry vir my!
Vuisvose vlugteling uit die stad se geraas,
tyd wat my sleepvoet volg of vermy.
Daai verlate stukkie aarde, droog en kaal,
weg van pad woede en gekruide taal.
Waar al jou sintuie blootstelling kry,
en tydlose gedagtes in jou kop verdwaal.

Fluisterende stilte wat jou gewete troos...
Tussen die Roggeveld- en Koedoes berg,
sluip stille skaduwees stadig uit die Oos.
Omring deur bergreekse uit die veld verhewe,
hernude tyd jou metgesel in salige vrede.
Voor my strek ‘n vlakte wyd en eindeloos,
waar veld en dier van stof en vog bly lewe.

Karakoel plek-plek in die veld gestrooi...
Voëlgesang die veld se fluisterende simfonie,
wind wat tydens poses om die Klapperbos loei.
Die son sal later sy wysers oor die veld uitstrek,
om die veld met lang skaduwees te bedek.
Tot die Karoo my weer ontvanklik uitnooi,
gaan ek my nie verder met die dolle gejaag bemoei!



5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed