Ek sal onthou
as die wolke pers word bo die gras wat groen
soos dit hierdie seisoen in die Vrystaat doen
as die see haar branders laat skuim oor die sand
ek weer kaalvoet loop oor ‘n blinkwater strand
as die lug so newel en die berg verbloem
maar my najaarsaalwyn oranje lemoen
as swawels sweef oor die boulevard brug
waar populier verklaar – die herfs is terug
en as die geelbekwou so luglangs hou
mikstert, hangvlug – teen die Maartmaandblou
dán sal ek onthou
© Carma Shaw
06 Maart 2017
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Carma en ek belowe jou die Vrystaat is bitter mooi met sy wuiwende groen mielielande na die mildelike reën