week
–
die trane loop sagte spoortjies
teen stowwerige wangetjies af
druppel vir druppel val dit neer
–
hartseer na diepe pyn en angs
verlore in trauma van geweld
staan sy, en bewerig snik sy
–
hoeveel kinder harte moet voel
totaal gebroke in siel versteur
onuitveebare skade aangerig
–
so breek barbaarsheid telkens
jeug in brokkies, week vir week
in nietige beriggewing verswyg
–
hartstogtelike oomblikke getel
in dure oomblikke van smarte
onherwinbare sekondes van hel
–
mag die armageddon vandag of
môre sigbaar die onreg vergeld
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.