benoud
knypie sonder laggie
hierdie hart is bevange
winde van verandering
waai uit alle oorde
antwoorde ontbreek
soos hael uitsak
oor elke streek
hier bid ons
vir reën
daar
vra ons
om hulp
in rampe
elke uur is
wat dit is
net nog een dag
net nog een week
elke maand vlieg verby
gebede raak angstig
harte voel alleen
my siel sweef
in vrede
oor
hierdie duin
wat Sy teenwoordigheid
uitbasuin
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.