Sagkant van jou hand
sagkant van jou hand
I closed my eyes softly and fell in love with the way I remembered you: body, soul and all – C. Pointdexter
verlange kom soos onweer
dreigend oor die hunker
op horison se grys,
kom glimlagte van beelde,
heimlik verbloem,
in die gange van geheue…
dansend deur die vlaktes
tussen kosmos se blom…
mis ek die teerheid van liefde
in die sagkant van jou hand
©Anton Kilian
4 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Sag liefdevol gepen. Hou hiervan.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Anton jy besit die vermoe om met woorde te toor!! Dis sag-mooi en teer vasgepen