So sien ek jou.
Waar jy glimlaggend langs my staan
is rustigheid en kalmte oorweldigend
en kan onsekerheid glad nie bestaan.
Ten aanskoue van die lewenslus in jou,
gevul met emmers vol liefde en vrede
word ek weg gevoer en hartseer verflou.
Jou rok met rooi en blou en geel blomme,
omhul met die groenigheid van vrolikheid
het ‘n onbekende lewe wat my laat bewe.
Jou strelende oë wat soos vingers streel
neem my na ‘n wêreld wat ek nie ken nie,
jou stem laat woorde vassteek in my keel.
Jou nederigheid onderstreep jou prag
en sagmoedigheid is jou wapenrusting
wat my geduldig versterk met jou krag.
10/05/2016 © C. du Plessis
4 Kommentare
-
Arnold
Jou laaste strofe staan vir my uit.
-
Koekekranka
Ja, Casper, 'n pragtige werkie en ek stem heelhartig saam dat jou laaste strofes inderdaad hierdie werkie 'lig'! Mooi dag daar Mater!
-
Anze
pragtige ode.. en ja ek stem saam met my voorgangers, die slotstrofe is puik
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Pragtig geskrywe Casper