Die liefde bly my ‘n giswind…
My vensters bly klater met toe deure wat klap
tussen die geskater oor ‘n sieklike grap
en perlemoen lê die see, halfmaniggeboog;
ag, wát sou ek nie gee vir daai vonk in haar oog!?
Blinklyf ry die branders onder vier-uur se son
as ek pyn -ja, ek pyn!- oor ‘n liefde wat kon
as ek trap op ou teëlsmet verwyt uitgelê;
grou die gedagtes wat klankloos terug lê.
(Pietersieliebittersop -sluk ek deur my brein –
maak my hoenderkop; laat my simpel, kindwees klein!)
So bly ek maar klater met oop deure wat swaai,
want vir my bly die liefde ‘n giswind wat waai…
8 Kommentare
-
-
Arnold
Die vonk in die oë is altyd die boodskapper van die siel.
-
Anze
WOW.... ek is gek oor hierdie diepseer dog pragtige gedig... jy het die mooiste woordbeelde gebruik!
-
Viooltjie
'n Heerlike lees gedig, Koekekranka. Baie goeie werk :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Amaspoke
Dit klink baie soos ek . . baie mooi geskryf