Jongste aktiwiteit:

Briefie vir jou (2) …

soos soveel ander Sondae
raak die dag teen namiddag leeg
en dis dan wanneer ek in die hoogste graad
intense verlange begin pleeg
en toe ek netnou die son sien
waar dit agter die bome wegkruip
kon ek voel hoe jou verlange
ook hier na my kant toe sluip
ek kon aan jou arm raak
my hand oor jou wang streel
en ons oë kon die spel
van vredig liefhê speel
ek kon jou stem hoor
toe jy saggies met my praat
en terwyl ek luister
weet ek jy is my altyd-maat
en toe ons laataand rustig
in die bed klim met ‘n boek
kan ek seker wees en rus
want ek hoef nie meer te soek!




daar is 'n plek in my waar ek nog jou vingerafdrukke voel waar jou soene nog talm en jou fluisterwoorde saggies weerklink dit is die plek waar 'n deel van jou vir altyd 'n deel van my sal wees ...

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed