[SILWER] – ACAPULCO
ACAPULCO
Deur diep skadus van kobaltsee
lê witsand wyd, en eindeloos gevee
Vuurtong-vlamme in die verte flonker
balhorende lag in die diepste donker
***
Maanlig silwer, groot, en glans
langs ritmes van vure Acapulco dans
Karos se denke, diep, met liggies betrek
Puerto Marques se sand op wit doek gestrek
***
Heuningpot-lywe blink, gedrup
ver op die horison ‘n vreemde skip
Seemeeue sweef in brandersproei
langs strande waar vis en lawavuur gloei
***
La Costera pynstiltes, breekbare nag
Acapulco, stad wat na rustigheid smag
© Nicola Brown
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir FEBRUARIE 2026 – OOP projek