[SILWER] – DIE MAAN IS GETROU
DIE MAAN IS GETROU
Jou krater kop
soos kroon
Helder groot!
In jou majestueuse voorkoms
verwonderende visioen
‘n getroueling stewig
op fondasies versoen
O’ Majesteit
buig ons voor jou neer
jou opdragte wat die see
sy kafritme leer
Mens het diep spoor
op jou kleed getrap
jou geheime prag
vir veel verklap
Met jou swaartekrag
verset jy onsettende mag
soos skitter kuns van bo
in magiese drag
Jou deftigheid in aansig vir veel wat kyk
asem snikkend as ons voor jou prag stukke swyk
©Nicola Brown
Neologisme= kafritme
Woorde wat saam gevoeg is = kaf en ritme
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir FEBRUARIE 2026 – OOP projek