Jongste aktiwiteit:

Lewenspad

gelapte pad
van wanhoop en hoop
saamgeknoop
om duiselingwekkende hoogtes gehalsnoer
waar ek op genade loop
my witrot doolhof pad van val en weer opstaan
‘n nimmereindigende labirint
slingerpad van half-bestaan

net Jesus kan my konkel-paaie gelykmaak
kan my red van die kake van die dood
van die afgrond wat oopbek lag
wat op my mistrap wag
Sy woord is my padkaart
wat my bring by my doel
Hy laat my ribbok oor hoë kranse
Hy gee my die krag
om op te styg soos ‘n arend
om opnuut weer te begin
dag na dag
daarom sal ek bly sing
met nuwe hoop
Hom al my lof en eer bring
al is ek van als gestroop




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed