Jongste aktiwiteit:

Vrou

ek is in die draai van die lewe se wiel
in die sagte roering van jou siel
in doudruppels wat aan roosblare hang
voor die son dit in goud opvang

ek is kosmos wat groei langs ’n vaal teerpad
jou soeke na ‘n kosbare skat
die water wat skater oor blink klippies in die voor
klinkende klokkies wat jy van vêr kan hoor

ek is in die sonsopkoms oor die see
die wonder van nuwe lewe gee
die môrester se hang aan hemelboë
die liefdeskyk in jou kinders se oë

Ek is in die sagtheid van ‘n donsvlerkduif
Grassade wat in die lentewind wuif
Wolke wat die barre aarde kus
Die moeë reisiger se rus

WANT EK IS JOU VROU




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed