Jongste aktiwiteit:

Graf van onthou

as jy my onder graniet verberg daar waar dit ewig winter is
weet net dat ek nie daar in die koue donker rus
jy sal my vind in die lag van ons kind
in die voëls se oggend-gesang as ons traag opstaan
in doudruppels wat in lentelig versplint
maar nooit in die winter se donker bleek
ek is in die vuur wat deur die donker breek as die son bergoorsteek
daar waar ons hand-aan-hand met lig in ons oë gestaan het
in die skril van die houtkapper wat roep na sy maat
daar waar jy koffie drink op ons somer-stoep
ek is in die see se soekende suis wat teen ruwe rotse druis
daar – waar jy my joune gemaak het
daar sal ek wees as jy verlang
daar sal jy my kan begrawe
in die graf van onthou




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed