VIND
Geen klatergoud
geen verhoog gaan jy vind
verkondig toneel speel
van die lewe se knou
gaan jy hier vind
slegs die geur van ‘n roos
dorings of te nie
musiek wat praat wat
soms vergeet word na die
woorde se luister praat
ja dit sal jy hier vind
die onthou van jare en jare
se mooi die kind wees
die geloof met geen
Die Here se nee net
sy woord wat jy self sal hoor
liefde in oorvloed uit die
diepste kamers van
‘n hart ja dit gaan jy hier
vind.
die lelies wat groei in
groen velde die gefluister van die
wind die boom met groen loof
die kwetter van voëltjies wat
rondvlieg skoenlappers se
sweef van een na die ander
waters se golwe met rotse
en sy tapyt ja o ja
verseker dit gaan
jy hier vind
die Vader se
genade is genoeg
vir jou en my
o ja dit gaan
jy hier
vind.
jac
2017-08-29
(KOPIE REG VOOR BEHOU)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.