dae van ons week
soos: “days of our lives” verdoop ons dae van elke week
groter en meer glorieryk as die son is daar nie
daarom ons noorse sondag
diana godin van die maan en die dogter van jupitor
maak ons egiptiese maandag
‘n nare wolfgees genaamd fenris het die noorse god van oorlog
by name tyr se hand afgebyt toe dié hom vasgeketting het
die germane het die vierde dag van hul week vernoem na hul god wodan, wat in tyd verander het in woensdag
die vyfde dag van die week moes vir die noormanne ‘n dag van mag en krag wees, daarom is dit vernoem na thor hul god van donder
vrydag is na frigga, tweede vrou van wodan en stiefma van thor
vernoem sodat sy nie jaloers sou wees op haar man en seun nie
van die romeinse god saturnus kom die naam saterdag
hy was die romeinse god van vrugbaarheid en die landbou
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.