gleuf
so duidelik
klink jou roep
sny dit deur die mis
oggendmis by die see
namaker van klanke
fluit jou geluide helder
my verevriendjie
aanstons breek
die sonstrale
deur die mis
dan verdwyn jy
vervaag jou roep
tussen die mensgeluide
soos Sy boodskap ook soms
in hierdie wêreld se geroesmoes
op die agtergrond moet speel
soggens vroeg luister ek
na jou gesang saam met
Sy klanke in die enigste stille
gleuf van my dag se lawaai
dit maak op vir alle lawaai
wat van oral kom
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.