Jongste aktiwiteit:

saalsak, meelsak en appeleenoog

 

 

in die mond van kinders

is julle name vervorm

dog jul wonderwerk

saam met God

het in hul harte bly staan

waar ander direk verbrand het

is jul drie gered deur jul Hemelse Vader

in persoon, in volle heerlikheid was Hy daar

Nebukadnezar se drif en drang vernietig

sy dekreet dat daar net ėėn God  is

verklaar sy totale ommeswaai

van Baalaanbidder na aanbidder

van die enigste lewende God

so kos dit soms die woord

uit die mond van suigelinge

om verharde klipharte

te vermurwe in geloof

die besef: “ek was verkeerd”

verander my hart van klip

na bloed en vlees

wat net in

genade

leef

 

© Tearlach.

(Sadrag, Mesag en Abednego – Daniël 3:16-30)

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed