Horisonne
die horison speel wegkruipertjie
agter die middagson
en buig huiwerig
waar die oog
netnet sien
die spelreels is egter
ontwikkel herstruktureer gou
helder nuwe horisonne
ongeag die atrofie
en skiet groeipyne
dus op plat beplanningstafels
lê horisonblouplanne
en wag vir sanksie
helder verlig
ek verwens die nuwe horison
en staar na eie maag
met soebat-oë
in angs
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.