nog iets anders
gedagtes
swiepende, vlietende oomblikke
van terugblik in tandem van tyd
oorsaaklike gevolge van hoekoms
ook waaroms, gesplete persone
drome
aangename togte op wolkemassas
soos wolkomberse in winternagte
wat al wat lelik is verberg in visioen
wat mooi en verdraagsaam kan wees
realiteit
deurwinterde ervaring van sinisme
oorbergse reistogte na nêrens en êrens
openhartige verdriet en smarte van nou
verguisende vernedering van wat was
hoop
deur donker duister van hierdie eeu
breek staande beloftes deur die mis
beloftes van diė God wat lewend is
wie geloof, hoop en liefde verkondig
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.