Jongste aktiwiteit:

fatsoenlik

 

 

fatsoenliks, soos dit hoort

stap paartjie op die wit strand

met waaiende hande in gesprek

skelm kykies ter goedkeuring

of is dit fatsoenliker om te blink

eerder as die natuurlike kleur

daartussen die geur van mossels

wat verbraaid op die sand lê

seemeeue wat daaroor waak

bekyk hierdie vermaaklikheid aan

al is hulle alleen op strand –

daar is mense wat vir hul loer

uit wit huisies bokant die duine

wat wit beslae lê met mosseldoppe

so asof hul lewe beraam word daardeur

om verskil tussen eerlik en fatsoenlik

in kleur te illustreer –

“eerlik het ‘n os geslag” en

“fatsoenlik het hom opge-eet”

so lyk hul na “vroom het een koe gesteel”

om fatsoenlik in die mooie natuur te wees

kos natuurlike eerlike gedrag, nie

vroom opgesmukte gelag

 

© Tearlach.

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pieter Mostert het ‘n nuwe publikasie gemaak