Namakwaland
Oor die barre vlaktes van die Boesmanland,
draal silhoeëtte van Kammaland –
drome van weer probeer
verwronge die omkeer.
Eindloos strek bossies en sand
en tog ‘n onmisbare band
van siel en gees,
want hier wil jy wees.
Pyn teister dag na dag –
die droogte ‘n onheilige mag,
maar ‘n oasis is die nag
‘n lafenis waarna jou siel smag.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.