Jongste aktiwiteit:

‘n Knyp tyd notatjie

Ek het U gevra vir rus vanoggend –
toe gee U my ‘n voëlgesang,
ek’t gevra vir hulp met die verkeer,
wonderbaarlik het dit gevloei.
Ek’t genoem ek is so moeg…
toe gee U my ‘n knyp tydjie
by ‘n straat kafeetjie.

‘n Plekkie so vol karakter –
Klere patrone teen die plafon
en familie foto’s teen die muur,
langspeler plate met ou musiek,
sterk koffie vir die gemoed
met ‘n skildery van ‘n woud
om te vergoed.

Dankie heer vir hierdie dag
met sy voël gesang – dat U saam
loop en my “tip” met ‘n knyp tydjie,
my rustig maak met nostalgie
en hierdie dag afrond
met ‘n skitter rooi gloed
op die gesig van die meer.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed