Nanag onder die maan
In die nanag se geboorte …
hang my gedagtes aan die perdeskoen maan,
sit ek hier in my warm pondokkie,
en verlang na jou my bokkie.
In die nanag se geboorte …
kelk my hande om jou gesig,
beskerm ek jou beeld,
reeds in tyd geweek.
In die nanag se geboorte …
waar rus jou oë?
Somber tussen newels van niks,
dwalend ’n hart sonder gits.
In die nanag se geboorte …
vang ek ’n posduif,
skryf ek ’n brief,
roep ek jou my lief.
In die nanag se geboorte …
ontsluit jou anker,
wat jou voete gevange hou,
wag vir my posduif – kom gou!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.