Eendag se droom
Wens ek kon vir een dag roekeloos wees…
uiting gee aan my droom,
kilometers agter my plaas –
en my hunkering lewe gee en leef.
So graag onder die doringboom sit,
teug aan die vrede so soet –
met sonbesies wat sing…
terwyl ek in stilte bid.
Tuur oor die vlaktes van niks – leeg,
silhoeëtte wat dans op die horison,
die sterk reuk van die natuur,
kog’lend hier voor my beef.
Net ek – sand, ‘n boom hier
miskien daar, ‘n pen en papier –
my skrywers gawe in my hand,
starend my oë op die mier.
Gedagtes leeg – soekend na hede,
swewend in ‘n oase van niks weet –
duskant werklikheid en fiksie,
soek net vrede “nogmaals” vrede.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.