Jongste aktiwiteit:

Ek pluk vir jou ‘n blom

Pienk, rooi, wit – kosmos kind,
blom jy wild,
voer jy op die natuur,
baljaar jy in die wind.

Onaangeraak deur tyd se verniel,
slegs seisoene blom op jou gesig,
rinkink en speel jy sonder sorg,
blom prag deel – verniet.

Pienk, rooi, wit – offer ek aan jou,
son gesiggie, wild en vry,
voed op die lewens reën,
beskerm jou wortel teen die kou.




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed