vir
Gedigte
Die lig daarbinne
- Januarie projek
- Klas silwer:
- styf teenaan my mondigheid
in tagtig se lente
wat in die son se lig geblink het
begin my gedig
in sagte stroke seesand
met woorde wat soos wonde
uit my digterskeel bloei
oor my sukkeltes en siektes en sonde
drie leefsiele soos springbokke vertrop
verskyn asof uit niet in my visier
net toe die skoot klap …
ek moes die kele afsny
sodat daar ‘n einde kon kom aan al die ly
ek doop nou my vingers in inkremente van ink
en vermy die starende oë want
hul kele is leeggespoel in my skoot
net soos dinge wat liefs ongesê moes bly
oor vlees wat te vinnig vergeet
van die verkeerde valle van pas en meet
en tog, in hierdie duistere plaagsdonker
waar my dae in gradiënte van
grys grom en gaan
laat my knikkende kerslig tog die koue kerk
se brandglas na buite nuut leef en lag
want die lig binne-in myself
wat straal deur my ou-ou gesig
is nes die laaste reël van
God se groot- groot gedig
(C) MCH
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.