Jongste aktiwiteit:

Die lig daarbinne

  • Januarie projek
  • Klas silwer:
  • styf teenaan my mondigheid
    in tagtig se lente
    wat in die son se lig geblink het
    begin my gedig
    in sagte stroke seesand
    met woorde wat soos wonde
    uit my digterskeel bloei
    oor my sukkeltes en siektes en sonde
    drie leefsiele soos springbokke vertrop
    verskyn asof uit niet in my visier
    net toe die skoot klap …
    ek moes die kele afsny
    sodat daar ‘n einde kon kom aan al die ly
    ek doop nou my vingers in inkremente van ink
    en vermy die starende oë want
    hul kele is leeggespoel in my skoot
    net soos dinge wat liefs ongesê moes bly
    oor vlees wat te vinnig vergeet
    van die verkeerde valle van pas en meet
    en tog, in hierdie duistere plaagsdonker
    waar my dae in gradiënte van
    grys grom en gaan
    laat my knikkende kerslig tog die koue kerk
    se brandglas na buite nuut leef en lag
    want die lig binne-in myself
    wat straal deur my ou-ou gesig
    is nes die laaste reël van
    God se groot- groot gedig
    (C) MCH



Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pieter Mostert het ‘n nuwe publikasie gemaak