kort
op die hakke van tagtig
speel die golwe steeds so pragtig
elke beweging so eindeloos
bring sy eie toonhoogte
duineveld se droë mooi
speel ketos in my baai se rooi
elke stertslag ‘n donderslag
wat wyd weerklink
kort op my duin se bestaan
lê die skulpe in roes en vergaan
seedierlyke wat dik lae vorm
wat my gedagtes laat stik
waarheen waai jy ewige wind
wat lê anderkant vir hierdie kind
soveel geo-giere van dooie diere
wat sy hart laat bokspring
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.