Jongste aktiwiteit:

ʼn Onbekende begin

Prosa stuk

710 woorde

ʼn Onbekende begin

“Help! Boaz dink hy is ʼn seemonster!” gil klein Tessel van agter die sitkamer bank af. Die 2-jarige Jupiter skrik sy gat af na die gil en smuit sy hele pap bakkie op die vloer neer en sit keel op, Sammie die skaaphond laat nie sy kans gly vir lekker slap hawermout nie en gaan staan pote en als in die hawermout en vreet homself dik. “Kan iemand my boude kom af vee?” skreeu Nora van die badkamer af. Dis pas 10 uur op ʼn heerlike Maandag oggend, buite val die sneeu en lê al onder die bome. Tussen die vier mure en totale chaos sit Lumé nou vas gekeer, haar kop is gevul met vrae, “Hoe op aarde het ek myself in hierdie nuwe seisoen van my lewe gevind?”

Lumé du Plessis, die 22 jarige wat haar nou vind in ʼn heel vreemde land wat dié glad nie gewoond is nie, kom uit ʼn klein dorpie uit in Suid Afrika. Haar kinderjare het ontvou op ‘n plaas buite Barberton in Mpumulangha, teen die ruggraat van die Steenkampsberge. Oggende op die plaas het altyd begin met ʼn wandel langs die berg pas en met ʼn lekker pikniek op die plaas se koppie saam die huis gesin. Lumé het grootgeword, sonbruin en sekervoetig, ‘n ware plaasmeisie gevorm deur oop velde en harde werk, toegedraai in die stil, onwrikbare liefde van haar moeder en vader.

Op skool het Lume dieselfde dissipline in die klaskamer en op die sportveld gedra. Sy het vinnig geleer, vurig gestudeer en gehardloop asof die wind self haar vorentoe dryf. Prestasie het natuurlik gekom – nie net uit ambisie nie, maar uit ‘n diep sin van doelgerigtheid wat deur haar opvoeding ingeboesem is. Gewortel in die grond van haar huis, maar tog ver verder as dit, het Lumé reeds meer geword as die plek waar sy vandaan gekom het, selfs al het sy nog nie geweet hoe ver haar pad haar sou lei nie.

 

Van kinders groot maak ken Lumé nie veel nie, al hoewel sy altyd ouma gehelp met die afvlerk voëltjies wat sy ingeneem het op die plaas, veral die kindertjies wat nie veel gehad het nie . By ouma kon hulle altyd n tuiste vind, vol liefde en omgee. Lumé het geweet sy sal eendag in Ouma se skoene wil loop.

 

Tye wat Lumé by ouma spandeer het, was in die begin net so een keer ʼn week, en na ʼn ruk het sy elke dag gekom. Daar het ʼn groot liefde vir kinders diep in haar hart begin groei. Nooit het sy gedink dat die liefde haar na ʼn ander land toe sal bring weg van haar mense en land. Soos almal wat vir Lumé ken, weet hulle dat sy nooit bang is vir nuwe uitdagings nie, al beteken dit om 13,000 km weg van die huis af te wees vir presies 365 dae. Lumé het die nuwe avontuur met ope arms verwelkom.

As au-pair, of soos ander dit noem “die kinder-oppaser, live-in-nanny, of die beste ʼn vrywillige enkel ma” was Lumé heel opgewonde vir die jaar wat voorlê met al sy nuwe avonture en oomblikke. Nederland was vir Lumé baie anderste as Suid Afrika, aan baie goed moes sy eers gewoond geraak het, soos om aan die regte kant van die pad te ry en nie lings soos in Suid-Afrika nie, en om self jou inkopies te scan en in te pak, daar het Lumé die tannie by Checkers baie gemis.

 

Lumé vind haarself dees dae wakker skrik met die geluid nie van ʼn haan wat kraai nie, maar van kinders wat skreeu en gil as of hulle die huis af brand. Nie net moet sy haarself reg kry in die oggende soos altyd nie maar nou moet sy vier kindertjies ook aantrek en tande borsel voordat sy hulle af stuur na skool. Sy het op n manier haarself in die lewe van ʼn enkel ma van vier gevind, waar sy elke oomblik van elke dag, drake verslaan, verf van die tafels af skrop en kos van die vloer af vee. Die onbekende, nuwe begin vir Lumé is soms baie lekker en soms ook nie, maar vir Lumé is elke oomblik net te kosbaar om nie te geniet nie.

Juanri




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak