Nuwe kamers – grootword
Nuwe kamers – grootword
Saterdag braai en rugby kyk
en later ma wat my leer stryk.
Net hier in my hart se binnekamers:
vir dít maak ek ruimte – vir niemand anders!
Daardie dae van wandel na kerk –
ma en pa en boetie
en ék…
Kaalvoet ry op die plaas se ou hek
en veldlangs galop op Blommie – my perd.
Dit alles sluit ek sonder skroom
om vir ewig in my hartskamers te bly woon.
Hier staan ek nou in ‘n kamer so vreemd…
en my stem klink hol en ek is alléén!
My kindertyd – vir ewig verby –
soos ‘n seepbel het dit deur my vingers gegly!
My geheue vang die paar oomblikke vas,
maar die onthou blý kwyn
in dit wat eens wás !
In my hart is daar ‘n nuwe kamer.
Is ek op die regte plek?
Kan ek nie maar terug
na die kind op die hek?
Juanri
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir JANUARIE 2026 – NUWE BEGIN projek