solitêr
alleen het my duin verkeer
met golwe en winde wat geteister het
met woede en woeste aanslag daaroor
het die duin maar geduldig gewag
elke nuwe dag beleef en geswyg
oor my duin het tyd verloop
in tyd en tye soms sonder hoop
krappe en meeue daaroor beweeg
selfs mense spore wat dit beleef
so is my duin gevorm, gelaat
waar ek soms hoog sweef
sien ek my duin se vele gesigte
wat vlietend verbygaan en verdof
in mis kombers van die weskus
vervaag en slegs fotos los
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.