1977 Kom tot n einde en ek gaan hou vakansie
Ek het werklik verlang na my mense en na die vars Karoo lug en om weer op my eie perd te kon ry en bekende mense te sien. Ek was nog nooit op die plaas sedert ek in Botswana begin het nie. Ek was oorsee teen my wil en n paar slae by Kabous se ouers om die nuwe basis te gaan beplan maar is elke maal terug Botswana toe. Twee jaar was lank en die wereld het volgens my ouers baie reen gehad en was mooi. Dit was n paar jaar wat ek laas met Kersfees by die huis en saam met my mense was en die jaar sou ek vir niks in die wereld mis nie. Kabous sou die dag voor Kersfees op Knysna trou en ek sou dit nie wou misloop nie. Selby het sy laaste truuk probeer. “ Boertjie threre is a very important client coming for a hippo, could you please help me out on this one. Oom tell that client he can go and hunt his hippo in hell, I will pay his non return ticket personally.” Hy wou hom dood lag oor die radio, hy het geweet dat ek op pad was na my ouers en niks sou my keer nie. Toe sy vrou in die hospitaal was in ons land was hy saam met Kabous se ouers op die plaas en het my mense en omstandighede goed geken. Ek het gereel dat ek en Jeannie met Kabous se pa se vliegtuig sou vlieg vanaf Maun tot op George. Soos die meeste vrouens wat ek ken het sy nie lig gereis nie. Daar sou nie plek wees vir meer as net ons twee en die vrag nie. Ons het die cruisers se dakrakke afgehaal en is met twee bakkies weg by Nyati, Luka en Katwindi in die een en ons in die ander. Daar is met trane afskied geneem van die honde en nagape en almal wat dierbaar was. Daar was nog persente wat sy uit Amerika saam gebring het en ek wou van die gewere huis toe neem wat ek daar gekoop het en allerhande snuisterye vir die plaas werkers en my ouers.
Ons wou eers by die boesmans op Makuku aan ry en Jeannie het weer die wereld se lekkers saam geneem en die ou hoofman was al n geruime tyd bedleend en dit was maar net die nonne wat hom aan die lewe gehou het. Die mense was nou werklik mense met n trots van hulle eie en met n visie in die lewe en dit het my n geweldige oorwinning binne in my laat smaak. Dit was heerlik om hulle te sien en die kinders wat versorg was en die tuine wat hulle kon voed met die nodige en ook die skool en alles wat hulle oor gedroom het. Dit sou my visie en uitdaging wees vir die volgende jaar vir die wilde nomadiese boesmans wat in al ons parke geswerf het. Ek het besef dat dit kon gedoen word en dit moes net gedoen word. Alles was moontlik met die regte leiding en inisiatief. Hulle was trots om boesmans te kon wees en dit sou my dryfkrag die volgende jaar wees. Ons het ook vir Ben by die Gwai konsessie gaan groet en vir Bees, sy Batonka iets lekkers geneem en klein Ben wat elke maal as ek daar sou kom net meer oulik sou wees.
Ek het nog nooit weer my ou Mazda B1600 bakkie gesien sedert ek in Botswana was nie en het verwag dat hy tot niet sou wees. By Selby se huis in Maun het n Tswana gewerk met die naam van Henry Mhlape en ek het hom opdrag gegee om na die bakkie om te sien en so af en toe die masjien te laat luier. Die bakkie het onder dak gestaan by sy huis. My verbasing was groot toe ek die bakkie na twee jaar weer sien, skoon gewas en beter as toe ek hom daar gelos het. Die wiele was styf gepomp en hy het niks makeer nie. Selfs sy tenk was vol petrol en die kwitansie was in die bakkie met dit wat ek vir Selby geskuld het vir die petrol. Wonderlike betroubare mense. Ek het hom 200 Pula gegee wat bykans n jaar se salaris was. By Selby was n jong jagter wat ek geken het en ook sy agtergrond en ek het geweet dat hulle baie swaar groot geword het. Hy was Engels sprekend en het ook van my wereld gekom en ek het hom aanbeveel by Selby. Ek het die bakkie vir hom gegee, sy naam was John Willmot en hy sou byna dertig jaar in Botswana by Selby jag. Hy is vandag nog n wonderlike vriend. Jeannie se pa het vir my twee cruisers gegee en ek kon die bakkie afstaan. Hy was baie trots op sy geel bakkie. Later het hy by my by Nyati kom woon en werk en ons het baie goeie dae saam gehad. Hy is later met Greta getroud wat ook van my wereld gekom het.
Ons was almal by Selby by Makuku en dit was 16 Desember en ek het geweet dat my ouers sou kerk toe gaan, vir ons was dit n Sondag en dit was n ou gebruik in ons kerk dat daar op die dag en Goeie Vrydag nagmaal gebruik sou word. Daar sou bymekaar gekom word in die Karoo en die boere sou lekker kuier en gesels en n paar skelm doppe drink na kerk en die dag geniet en onthou waaroor dit alles gaan. Jakkie se ouers het ook opgedaag waar hulle nou langs die Boteti rivier geboor het. Dit was n verrassing, ek was mal oor die Namakwalanders en hulle het my weer kom bedank vir die boor kontrak wat ons met die staat beding het. Dit was nou n groot besigheid en daar was ses spanne wat geboor het en windpompe opgesit het en onderhou het en dan drie spanne wat net sement reservoirs gebou het. Hulle bydrae tot die ontwikkeling van die suide was werlik iets om te onthou. Ek het die nuwe jaar se boordery in ons parke bespreek met hulle en daar was drie nuwe bore op pad wat net in die parke sou boor. Dit was goeie nuus wat ek nog nie gehad het nie. Die mense het werklik baie hard gewerk en baie ontberinge ondergaan om water te kon bied waar daar nooit water was nie. Jakkie het my een kant toe geroep en gevra of ek asseblief kon godsdiens hou want dit was Geloftedag. Ek het dit gedoen en sy ma het vir ons die oorspronklike gelofte gelees wat Sarel Cilliers die voortrekkers laat afle het. Selby en Jeannie het een kant gestaan en dit was die heel eerste maal dat ek hulle nie erken het in my gebruik van my moedertaal nie. Hulle het dit as privaat aanvaar en ek het dit so verduidelik. Alle bevolkings groepe het hulle gebruike en die een was vir my baie spesiaal.
Dit kon as n jaar einde funksie gesien word maar dit was ook die einde van n era van saam wees en saam jag en almal het hulle dank teenoor mekaar uitgespreek en beloof om die vriendskap nooit te laat verlore gaan nie. Ek het die manne saam met my bedank vir hulle vertroue en die jare van saam wees en net die feit dat ons mekaar nog nooit teleurgestel het nie, dit was vir my geweldig baie werd. Toe ek by Selby kom wou my emosies byna die oorhand kry. Hy het vir ons baie gedoen en baie vertroue in ons gestel en ons het hard gewerk vir hom en van sy besigheid n baie groot sukses gemaak. Ek het hom bedank dat hy n klein arm seuntjie se drome waar gemaak het, dat ek kon doen wat ek wou en hy my die vryheid daarvoor gegee het. Hy was vol emosie en het ons bedank en almal se geld gegee en ek wou op my rug val. My gedeelte kon ek mee n jong plaas koop en daar sou nog oor wees. Dit was nie al nie, hy het my privaat geroep en n skoendoos vol Dollars gegee en gese ek moes dit in ons land vir my bere in die bank. Ek het nooit gedroom ek sou so baie geld by hom kry nie. Die hele Botswana besigheid het vir my eensklaps baie sin gemaak en al die harde werk was die moeite werd en net die dankbaarheid van Selby en die staat vir wat ek gedoen het was byna genoeg betaling. Ek sou die nuwe jaar met n lied in my hart tegemoet gaan. Ek het seker tien maal gevra of hy tevrede was met ons werk en hy was baie tevrede. Ek het n eed geneem saam met hom om hom nooit teleur te stel nie, ek het ook nie.
Rob Kahtz sou met sy bakkie plaas toe ry in die Vryburg distrik en ons sou hom by Kabous se troue sien. Sy dae in die land was verby en hy sou begin Januarie by die weermag begin as die bevelvoerder van 101. Pieter Vlok sou vanaf Maun Kaap toe vlieg en sy ouers sou hom daar kom haal, hulle was van Sutherland en ook hy sou Kabous se troue bywoon. Hy sou gaan studeer op Maties. Jakkie sou ook ry na ons land toe en die troue bywoon. Kabous sou met n ander maat terug vlieg na ons land en hy was verplig om sy troue by te woon. Ons sou mekaar weer daar sien. Die more van 17 Desember het ons op George geland en Pa het sy bruin bestuurder Oupa Koos gestuur om ons te kom haal met die F250. Die bakkie kon die vrag net net vat en ons is terug na my wereld na ek vir Pa n Boerboel hondjie by vriende op Groot Brak gekoop het. Oupa Koos kon goed engels praat want sy pa was n ou engelse soldaat in die Boere oorlog en hy en Jeannie het dadelik gesels en die pad korter gemaak en langs die pad het ons persente gekoop en veral piesangs waarop hy versot was. By die huis het ons almal gaan groet en ek en Pa het op die stoep gesit en hy het White Horse whisky gedrink. Uit respek het ek net bier voor hom gedrink en nooit voor my ouers gerook nie hoewel my Pa baie by my kom rookgoed bedel het. Ek was by die huis en dit was lekker en ek het geld gehad wat nog lekkerder was. My twee jaar was n sukses en ek wou my self op die skouer klop vir die besluit wat ek gemaak het om te gaan jag in n vreemde land. Ek sou Selby my lewe lank dankbaar bly daarvoor. Ek het baie baie hard gewerk maar ek kon my drome en inisiatief uitleef en ek kon die oorwinning smaak as noue onderhandelings geslaag het. Dit was n pragtige land met ongelooflike moontlikhede en uitdagings en dit het my al hoe meer gefassineer. Pa en ek het lank daaroor gepraat en ek was baie bly dat hy my die geleentheid gebied het om in Botswana te gaan werk. “ My kind, die grootmens lewe is lank en nie altyd so lekker nie, geniet maar die dinge van n kind so lank jy kan.” As hy maar geweet het hoe noue ondehandelings ek moes voer en in n leeu se gesig moes vaskyk sou hy dalk anders geredeneer het. Dit was nie meer die dinge van n kind nie. Vir hom sou ek altyd n kind wees. Hy was n wonderlike man en n uitsonderlike goeie vir Pa vir my.
Jeannie en my Ma het baie goed oor die weg gekom en ons het bure gehad wat se huistaal ook engels was en ons het een aand saam gebraai. Die ander bure het nie lekker met die oom oor die weg gekom nie maar Pa het gesorg dat bure mekaar moes repekteer en ons was eintlik al wat die oom mee oor die weg gekom het. Hy was n Sap en ons was Natte en hy kon my pa se siel uit trek oor ek nou n engelse meisie gehad het. Wonderlike mense die Karoo mense. Ek het n vriend van my ouers se huis op Hartenbos gehuur vir twee weke en ons sou daar gaan vakansie hou langs die see. Dit was maar die plek vir Afrikaner mense en daar sou baie bekendes wees. Ek het werklik n vakansie nodig gehad en Jeannie wat maar gedurig n boek byderhand gehad het moes baie male aantekeninge maak as iets oor Botswana my sou byval en ek aan iets belangrik sou dink wat ons die nuwe jaar moes doen. Sy het later gese dat ek nie so sou rus nie en die boek gebere. Daar was nog n paar dinge op die plaas om te doen voor ons kon gaan met vakansie en op 23 Desember is ons met die Mercedes en ek en sy met die El Camino weg om bietjie by die see te gaan kuier. Ek wou net rus en vleisbraai en swem, dit sou my nie beskore wees nie.
Dit was die dae voor die selfone maar daar was n nuwe revolusionere manier van kommunikasie wat genoem was “CB Radios” of te wel die burgerband radios. Ek het nooit van die goed gehad nie en was nie so lief vir klets op n radio nie. Ek moes genoeg in my weermag dae praat met die goed en ook in Botswana en vir my was dit nie snaaks nie. Dit was n gier wat almal blykbaar gehad het en elke voertuig het n ekstra antenne gehad en nuus het baie gou versprei van die een na die ander. My roepsein op die grens was Mamba en dit het soos ek later gehoor het soos n veldbrand versprei op die netwerk dat Mamba op Hartenbos is. Ek het nog nie eens behoorlik my eerste bier gedrink nie of n bakkie het stil gehou voor die deur. Dit was van my ou Taakmag manne. “ Kaptein ons kom se net middag. Kom in manne en los nou die Kaptein storie. Daai dae is verby.” My vakansie was bykans geskaak en ek het geweet dat ek iewers n plan sou moes maak. Die netwerk het gegons en die manne sou my nie uitlos nie. Tot groot vermaak van Jeannie en my ouers is al my weermag dinge uitgelap oor n kwessie van dae. Sommer die eerste aand moes ons gaan dans by die Santos hotel en van daar kon dit net erger gaan.Die meeste manne was senior studente en hulle het hard geleer deur die jaar en hulle het kom vakansie hou met n hoofletter. Jonk en sorgeloos en vry en hulle wou net kuier so veel en so baie en so lank as moontlik. Hoe meer hulle gekuier het hoe liewer was hulle vir my en hoe meer moes ek hoor. “Onthou kaptein nog?” Ek het per toeval laat val dat Kabous die volgende dag sou trou. “Luitenant Kabous kan nie sommer so gaan trou sonder ons nie.” Ek het onmiddlik besef dat ek n lewens fout gemaak het en botweg geweier om te se waar hy sou trou. Hulle sou wel uitvind, dit het my gelyk of die radios kon spioeneer ook. Daar was niks wat die manne nie van geweet het nie, en hulle was stout, bitter stout en hulle wou net kuier, onophoudelik.
Dit was drie jaar gelede wat ek laas iets met die Taakmag uit te waaie gehad het, net n klompie dae tevore wou ek weghardloop uit Katima uit om van die militere sy van my lewe weg te kom. Hier was nou weer manne van my en ek het hulle geniet. Hulle was nou siviele mense met hulle lewe besig, en nog net so lojaal soos altyd. Hulle was nog steeds oud valskerm manne en baie trots daarop. Hulle het van heinde en verre gekom en hulle het een ding in gemeen gehad, ou vriendskap moes weer opgetel word en dit moes so lekker as moontlik wees. Hulle was in baie beroepe van die lewe en hulle was nog altyd broers en hulle het saam swaar gehad. Al die dinge moes gevier word en ons was nou almal skielik gelyk. Range is nog steeds eerbiedig en ek wou dit nie so gehad het nie. Hulle wou, ek was net die toeskouer en ek moes saam speel. Drie jaar gelede was dit my beurt, nou was dit hulle beurt. Ek het my bes gedoen om te probeer saam speel. “ Het julle gehoor kaptein Mamba en die drie Luties was wragtig vir twee jaar in Botswana om leeus en goeters te skiet. Hulle sal moet kon vertel. Oros en Mof en Groovy was ook daar, hulle se Kabous is ook saam en gee groot geld uit daar.” Ons het vertel en hulle het geluister.
Die dag van Kabous se troue het ek nog so n bietjie laat geslaap toe ek onmiskenbaar die skerp stem van sersant Lubbe hoor. “ Kyk voor jou troep! Jak Jak links Jak jak Links. Afdeling Halt Afmasjeer reeeegs om. Op die plek rus. Staan in rus.” Hulle was bykans n peleton sterkte en hulle was langs my huis. Lelik met lang hare en plakkies en tekkies. Dit was regoor dominee Sieberhagen van Beaufort Wes se huis. Ek het gese “More Dominee” Hy het ook gegroet. “ Dominee se die kaptein moet sy #$% los en kom swem. Kaptein los jou #%& en gaan swem saam met die manne. Dis nou n bakgat dominee hy se sommer reguit vir die kaptein in Afrikaans hy moet sy #$% los en kom swem. Sersant vat die manne water toe ek kom. Troep kyk af daai seeumeeu skyt nou in jou oog!” Hulle is weg water toe al singende. “ Die kaptein se naam is Pine en Swapo says he’s no friend of mine, as hy se spring dan spring ons in anders strike die $%* die fan.” Ek het by die bure gaan verskoning maak, hulle wou nie daarvan hoor nie, vir hulle het dit iets van die “Army” gewys wat hulle so baie van gehoor het. Ek was werklik skaam en vir almal was dit baie snaaks net nie vir my nie. Mense het by die huise se vensters uitgekyk om die petalje te aanskou. Dit sou elke more behalwe Kersfees gebeur en elke more was hulle meer en die toeskouers ook en elke dag n bietjie meer rof. Dit het net van die vorige aand se paartie afgehang. Hartenbos was n konserwatiewe plek en jy kon gevra word om liewer te gaan na n ander oord. “ Vir ons wegjaag? Se moer, wie gaan vir 101 wegjaag? Swapo was te slapgat, wie is Hartenbos? Se net ons rol hulle nou op.” Die publiek wou hulle dood lag, die stadsvaders nie.
Toe ons die Taakmag stig het ek die roepseine van elke senior aan die troepe oor gelaat om te besluit. Roepseine het by die persoon gepas. Rob het n rooikop gehad en hy was Oros. Pieter was baie mooi gebou met bree skouers en hy was stil en hy het sy skoolnaam van Mof behou. Ek was genoem Mamba want ek was blykbaar vinnig om te pik. Jakkie was lank en maer en vol grappe, hy was Groovy. Sersant Lubbe was Plumber want hy sou manne wegspoel af in n toilet. Korporaal Zondagh was Sabbat. En so het elke senior sy radio sein by sy manne gekry. Ek sal nooit die eerste maal vergeet toe Rob my roep tydens n skermutseling nie. “Mamba Mamba dis Oros berig Oor. Mamba stuur Oor. Oros, Kontak Kontak Kontak. Oor.” Dan sou die hele taakmag in vyfde rat wegtrek want daar was n vuurgeveg met Swapo aan die gang. Radio berigte sou heen en weer vlieg en choppers sou hulle bekende brandstof reuk los en van radio prosedure sou nie veel oorbly nie, ons sou praat soos per telefoon. Dit was manne op wie se nommer ek kon druk en hulle was lus vir Swapo. Hard en gebrei en uit gesoek uit die beste van die bestes. Al probleem was dat hulle op Hartenbos was en nog meer was op pad. Ek was nie meer in beheer van hulle nie en ek wou ook nie wees nie. Tog het hulle geluister.
Hulle het uitgevind waar Kabous sou trou en ek het die bus hoor stilhou tydens die diens. Ek het mooi met hulle gaan praat. Daar was meer as vyftig met T hemde met ons embleem op en onder aan “ The Swapo Slayers.” Agter op die hemde was . “People love us. Girls adore us. Swapo fear us.” Weg en met die vuil water afgespoel was al die militere geheime. Hulle het n erewag gevorm vir Monica en Kabous en op hulle regterknie gaan sit. Sersant Lubbe het die Oggendsinjaal en die Triomfmars uit Aida van Verdi geblaas met sy trompet. Hulle die Onse Vader gesing. Almal het gesalueer en Kabous skouerhoogte na die bruidsmotor gedra. Vir hom en Monica elkeen n T hemp gegee en gese ek moes myne op die strand kom haal. Toe het hulle ons in vrede gelos om die klein onthaal te geniet. Vir my ouers en Kabous se ouers was dit aandoenlik. Die kameraadskap het voortgeduur. Ek het my bedenkinge gehad. Ek was nie verkeerd nie. Kabous moes kom “Honeymoon” hou op die strand, hulle het gewag vir ons.
Kersfees het baie stil en rustig verloop. Die hele spul wat daar was is met jeans en die T hemde na die amfiteater se oggenddiens en die meisies wat saam was, was ook die eer gebied om die hemde te kon dra en so ook die ouers. Ons het in een blok gaan sit en Ds. Mike Smuts het gepreek. Hy het ons welkom geheet. Ons het hom geken want hy was al by ons in die Caprivi. Na die diens het hy gevra of ons nie asseblief iets wou sing nie. Hy het geweet uit ondervinding dat die manne baie mooi kon sing en baie trots daarop was. Ons is almal tot by die preekstoel en ek het n minuut van stilte gevra vir die wat nie daar was nie en my simpatie met die naasbestaandes betuig en ons het vir die hele Hartenbos gesing, mooi Kersliedere. Die Taakmag was op Hartenbos en almal het dit geweet. Na die diens het ons mekaar die beste toegewens en ek het mooi gevra dat ons n voorbeeld vir elke klein seuntjie moes wees. Ek het n satelietfoon gehad en vir Selby geskakel en Jeannie het haar ouers gesakel en ek wou met Capstick en n paar ander ook praat. Ek het maande tevore al vir ons plek in die Riviera hotel bespreek vir middag ete en ons kon die eerste maal in jare saam wees met Kersfees. Die middag is ons gesin na Kabous se mense op Herholdtsbaai en ons het dit baie geniet. Weer het ek gewonder waar ek die volgende Kersfees sou wees. Kabous het aan my erken dat hy die Taakmag reunie gereel en bevonds het, dit moes n verrassing vir ons ander offisiere wees. Die T hemde het hy nie laat druk nie, dit was deur iemand anders gedoen. Hy sou ook met die stadsvaders van die ATKV op Hartenbos reel en ek het hom laat begaan. Hy het dit immers klaar gedoen en ek kon niks daaraan doen nie.
Ek het die volgende more vir die manne gewag en weer het die klomp al singende opgedaag. Almal met die T hemde aan en hulle was nog leliker, paty het ponie sterte gehad en die baarde en snorre sou in geen weermag toegelaat wees nie. “ We call on our captain to come for a swim, come for a swim.” Ek het gese dat hulle net moes stilbly ek is op pad. Lubbe het gese dat hulle nou 96 was in die “squad” met tien wagte by die bakkies en die sambrele. Ek en Jeannie het hand-aan-hand gestap see toe met die raserige spul al masjerende voor ons. Die parkeer gebied was met lint afgekamp en daar was n spul bakkies met halwe dromme agter op en baie sakke hout. Daar was n verkoelings bakkie met baie tjoppe en worse en slaaie. Op die strand was ook n gebied afgekamp met lint en ek is op n toer geneem. Drank was nie toegelaat nie, “Se Wie?”Die sambrele waarvan die onderste penne nie gebruik was nie en dus laag op die sand ingesteek was, was die menasie en kroeg area. Die wyne en biere en die Rumme was daar begrawe. Maar geen drank sou opsigtelik gebruik word nie. Kanne Paarl Perle was begrawe onder die sand en jy moes “leopard crawl” en uit n pypie suig. Manne sou uit die water storm en kruip onder die sambrele in en suig en weer gaan swem, baie diskreet. Die ander beter goed is met koffie bekers gekamoefleer. Hulle het n klomp trekkerbinnebande gehad met seil oor en in die middel was n oop tentjie vir die VIP’s. Ek en die senior manne moes soontoe. Hulle het kom sit en ek het weer mooi gevra vir ordentlikheid. Net soos elke oggenparade op die grens het hulle in n halfmaan kom sit en ek het my laaste drie jaar vir hulle beskryf. Ek is plegtig belowe as ek net die aand by Jack,s Motel sou kom saam dans sou hulle nie stout wees nie, as ek nie sou nie kon hulle nie belowe nie. Onder hulle afpersing het ons gaan dans en dit geniet. Die volgende aand sou Sea Shells wees en so het dit aan gehou. Ek het elkeen op die naam geken en daar sou altyd vier of vyf by my wees en gesels en iets koud geniet en dan sou Lubbe sy fluitjie blaas en n vars klompie sou weer kom verder gesels, met hulle meisies en van hulle ouers en eintlik was dit heerlik om so te verkeer met manne vir wie ek die grootste respek gehad het. Baie ouers het ure kom gesels en iets gedrink en saam n paar tjoppe geeet. Daar is twee pale geplant met die eenheidsvlag en die landsvlag en n Republiek is uitgeroep. Jy moes n paspoort he om die grense binne te kom. Jy kon natuurlik die wagte omkoop ook met drank. Die “maatjie vir n praatjie” radios het tot drie generaals opgespoor, een, ou Pik Van Noorden, was ek baie mal oor. Hy het lank gekuier en te veel Rum gedrink, dit was nie n probleem nie, hy is huis toe geneem. Ou kennisse is opgespoor en die weermag taal het geloop. “ Het julle Mamba se girl gesien? Ek hoor sy kom van Amerika, Liewe vader maar sy is mooi.” Sy het haar gate uit geniet saam met my en n deel van my lewe ervaar wat sy nie so baie van geweet het nie. My ouers is genooi, baie formeel, en hulle het grens dinge gehoor wat hulle nie van geweet het nie en miskien nie moes gehoor het nie. My Pa moes sy whisky drink en my Ma n “ginger square” en daar is baie met my gespot. Hulle moes saam eet en ook een dag van hulle lewe proe hoe dit was om n soldaat te wees. Ook hulle het baie waardering gehad.
Die manne van die binnebande het die kinders van die mense op die strand opgelaai en in die water rond gesleep tot groot vermaak en kommer van baie ma’s. Kabous is gedra tot op die strand en hy moes ook binneband ry. Een man met n blou knop voor die kop het kom bieg. Hy was redelik gekletter die vorige aand op Groot Brak toe loop die lamp paal in hom vas. Ek het vir Lubbe geroep en ons moes n mate van ordelikheid handhaaf. Manne wat hulle nie gedra het nie se T hemde sou afgevat en hulle sou op parade “gestrip” word. Dit het veral in die publiek gegeld. Soos die dae gevorder het het hulle meer geword en op Oujaarsdag was ons 137 uit n oorspronklike totaal van 196 wat die reunie bygewoon het. Baie het hulle hele familie gebring en ek het seker gemaak dat ek nie een oorslaan nie. Ons was elke dag op die strand en het elke dag gebraai en elke dag ook vir die ouetehuis meer as genoeg vleis gestuur, potte vol en een stout ou wewenaar omie wou ons sien. Ek het hom geken en vir hom n bottel Rum binne in n brood met n los bottel Coke saam gesmokkel. Hy was my so dankbaar dat hy vir my plaas toe geskryf het. Hy en sy skelmpie het blykbaar redelik geswaai geraak. Ons het vir hulle n kaas en wyn gereel en gaan sing en net so bietjie aandag gegee. Dit was ongelooflik waardeer.
Die dag na Nuwejaar het hulle begin minder raak want elkeen moes maar die nuwe jaar gaan aanpak en weer begin met hulle werksaamhede. Almal het kom groet, aan almal het ek probeer laaste aandag gee en die beste toegewens. Die manne het almal 18 of 24 maande diens vrywillig gedoen en was nie weer oproepbaar nie. As die Bataljon egter jou naam en nommer gehad het sou jy nie so maklik wegkom nie. Wetgewing en beloftes was baie gou verander en vergeet en die senior manne van die weermag het my op Hartenbos gemaak verstaan dat hulle weet daar veranderings sou kom. Ek het dit so aan my voormalige manne deur gegee. Dit sou onregverdig wees om informasie waaroor ek beskik nie met hulle te deel nie. Dit sou ontevredenheid veroorsaak en ek het begrip daarvoor gehad, ek was egter nie in beheer van oproepe nie. Hulle het dit geweet en verstaan.
Ek kon meer aandag aan my ouers en Jeannie gee en ons het toe die weer swak was Kango Grotte toe gery en sommer net n draai langs die kus af tot by Witsand en ook op met die kus tot by Jeffreysbaai. Dit was net lekker om te ontspan en my mense te geniet en oor die nuwe jaar se planne te gesels. Tog sou ek oral in kafee’s en supermarkte gegroet word as Kaptein van die “Bats” deur baie mense wat ek nie geken het nie. Die reunie het die deel van die weermag baie bekend gemaak en baie jong manne het my kom uitvra oor die Bataljon. My raad was dat dit nie vir slapgatte bedoel was nie.
Ek het werkilik die tye saam met my manne geniet en ons kon lewenslange vriendskappe vas maak en my ouers wat nooit iets oor my weermag dae geweet het nie het nou na drie jaar amper te veel geweet. Die spesifieke omstandig hede waarin ek binne ses weke twee maal gewond was is aan hulle baie duidelik uitgespel. Ek het wou nooit daaroor gepraat het nie. Die spesifieke manier van ons opleiding het vir generaals baie aan die dink gesit behalwe vir Kat Liebenberg wat ek nooit kon oortuig dat ek met mense werk en hulle belange eerste kom nie. Ons het dinge baie anders as ander eenhede gedoen maar ons kon met n reuse sukses syfer spog. Vir my het die balansstaat op die einde saak gemaak en hoe ons daar uitgekom het was my geheim en baie dae my probleem. Dit bly tot vandag nog die diensplig eenheid met die beste rekord en dit was bereik met net een woord. RESPEK. Dit kon breed omskryf word maar dit moes van bo af ondertoe gewerk het. Ek het my mense met die grootste respek behandel en daarom het ons senior manne respek verdien. Ons het weggedoen met onnodige “rick marrol’ en “red tape”. Ons het n “Job” gehad om te doen en dit op ons manier gedoen en baie sukses gehad. Na drie jaar het my rewolusionere tipe opleiding baie sin gemaak en dit was ligjare weg van die “Verskree die troep en af #$^ metode”. Die woord “Troep”was n vloekwoord en nooit gebruik nie. Geen harde taal was toegelaat nie. Oggendparades was in n sirkel gaan sit en gelees en gebid en gepraat oor dagsake. Baie informeel, tekkies Tshirt en Pt broek. Generaals wou maagwerkens kry. Ons was die eerste eenheid wat gesalueer het sonder hoofdeksels en is later na ge-aap deur baie. Jy het nie n hoed nodig gehad om respek te betoon nie. Ons het die fiksheids toets van die verkenner manne gedoen en met 89% geslaag en ons het die meeste spronge gedoen van alle diensplig eenhede. Ek was werklik trots op my manne en baie het gese dat hulle die lewe op n baie ander manier na weermag kon aanpak want hulle het in hulle self geglo.
Soos alle vakansies gaan dit te gou verby en ons is plaas toe vir nog twee weke en ek kon weer my groot word lewe geniet soos toe ek n seuntjie was.
Dit was die jaar van 1977.