Jongste aktiwiteit:

Ek besoek die Delta baie vinnig
vir

Ek besoek die Delta baie vinnig

Selby het op die radio geroep en my mee gedeel dat die ou boesman leier in sy slaap oorlede is en ek en Jeannie het besluit om die begrafnis te gaan bywoon en ek het vir John Gleeson en sy geselskap saam genooi. Ek het nie veel kennis van hulle begrafnisse gehad nie want dit het verskil van groepe en en soorte boesmans. Hy was n Barakwena boesman wat ook die rivier boesman genoem word en hulle voorkoms was glad nie die van die Kwe en !Kung en die Haikum en die Kghalaghadi nie. As ek van boesmans gepraat het, het mense almal n geel groep mense verwag. Hulle was lank en donker van kleur maar met ons vestiging en opheffing het daar kruis teling plaas gevind. So het ek n groepie !Kung by Makuku gevestig wat bykans deur leeus opgevreet was en hulle wou nie terug na die suidelike Chobe nie en het hier bly woon. Dit was net normaal dat hulle dan sou kruis teel en mekaar se gelowe en gebruike sou aan neem. Baie van die mense was maar genoem na die areas waar hulle histories voorgekom het, bv. rivier boemans of woestyn boesmans en ook Kalahari boesmans ens. Hulle het baie verskil in voorkoms en ook in gelowe en gebruike. Tog het hulle n gemeenskalike taal gehad waarmee hulle almal kon kommunikeer.

Omdat John Gleeson bykans met n dokumenter besig was met al sy verfilming het ek my ander bakkie vir hulle gegee want ons sou met n baie mooi nuut herboude pad ry vanaf Nyati tot in Makuku en hulle kon in Maun gaan slaap wat maar net 50 myl weg was. Ek en Jeannie sou alleen ry met die bakkie wat die president vir ons gegee het en Kabous en Monica sou vanaf die Linyati ry op hulle eie. Jakkie het kliente gehad en met die reen het hy agter geraak en hy sou nie daar wees nie. Ek het vir Piet saam met Luka en Katwindi gestuur om n seekoei en n krok te gaan skiet en hulle was dus besig. Die ander manne was nie so nou betrokke met die betrokke groep boesmans nie en dit het hulle dus nie geraak nie. Ek was betrokke met die mense van dat ek begin het by Selby en ek wou net weer n paar dae in die Delta gaan deurbring waar ek aanvanklik begin het en so lank laas werklik betrokke was. Ons het klaar in gepak en ek het my gewere saam geneem want met Selby het n mens nooit geweet wat kon gebeur nie en ek het gereel dat ek by die safari kamp sou slaap wat hy so pas klaar gebou het. Dit was Maart maand en uit ondervinding het ek geweet dat die Delta baie mooi sou wees en veral die voels sou baie wees. Ek het n plan in my agterkop gehad om by die boordery en miskien ook by die Odendaals by Ghanzi aan te ry want die probleem dier gebied wat ek nou gehad het, het hulle nog steeds ingesluit hoewel dit eintlik buite my grense was. Dit was hulle oorenkoms met die staat dat hulle my geken het en ek sou dan nog steeds hulle gebied diens.

Dit was n effense draai maar ek wou by Ben by die Gwai konsessie aan ry en net weer hoor hoe hulle dinge werk en dan kon ek sommer aan Selby rapporteer van al die konsessies. Hy moes ook weer ons jagdatums opdateer en ons het n klompie werk gehad wat moes bespreek word. Ek het vir Jeannie gewaarsku dat ons dalk in Maun sou slaap en ook n draai by die Odendaals sou maak, ons is op ons eie weg by Nyati want ek wou by die Gwai kosessie aan ry en net weer Ben se dinge ook deurkyk. Dit was soos altyd lekker by Ben en sy Batonka en die gawe vrou en natuurlik klein Ben wat op sy heel oulikste was. Ben het baie jagte hanteer en hy het ook die wild daarvoor gehad. Bokant die Delta en veral langs die Savuti was die digste bevolking van wild in die hele Botswana. Hy het nie ons groot leeutroppe gehad nie maar daar was van alles bykans genoeg. Ook die skaars goed soos puku en sitatunga en natuurlik baie lecwes en bastergemsbokke en swartwitpense en die amfibiese wesens met baie en groot olifant troppe. Ben het werklik hard gewerk en sy dinge was ver voor sy datums en sy jong jagters het baie geleer by hom. Ek het net hello gese en koffie gedrink en gery. Hy was maar twee ure se ry van Selby af en hulle het mekaar baie gesien en nou saam gewerk. Hy het moeiliker krokke as by Jakkie geskiet want sy rivierbanke was ruig en hy het nie sandbanke soos ons gehad nie.

Ek het werklik nie geweet hoe om die berafnis te hanteer nie en eers by die nonne aan gery dat hulle my kon inlig. Dit was al laat middag en die bergrafnis sou die volgende more geskied en die oorskot was in Selby se nuwe koelkamer. Dit was ook maar net soos die inheemse Tswanas maar die lyk het regop gesit ook in n inham aan die kant van die graf en moes na die ooste kyk. Hulle het die heerlikste vrugte gehad van die boompies wat nog maar jonk was en die hele drie hektaar was met n soort plastiese net toegemaak vir voels en daar was baie soorte en hier kon ek vir die eerste maal in jare vrugte van n boom af eet. Dit was werklik heerlik en hulle het my die nuwe kliniek en hospitaal gaan wys en ook hulle woonkwartiere en wat hulle nog gedoen het. Daar was n groot trop pragtige boerbokke wat elke dag laat wei was en saans toegemaak was en die volgende sou n klein troppie melk beeste wees wat hulle sommer van die veld af wou melk. Daar was n skool en ook vir die voorskoolse kinders en twee dae per week moes hulle veld toe gaan en die dinge van die veld gaan leer by die oues sodat dit vir die nageslag kon behoue bly. Die mense was mooi opgepas en die president se vrou het werklik baie gedoen om vir hulle klere te kon koop en van hulle is opgelei om met masjiene wat jy trap soos my ouma sin hulle eie klere te maak. Selby het intussen ook staatskrag gekry en die lyn het by Ben by Gwai gestop en Ben het ook krag gehad. Dit het dinge baie makliker vir die mense gemaak en die koelkamers was veral baie werd.

Selby het nuwe slaap plekke laat aanbou vir sy jagters en sy hele kroeg en eet gedeelte was nuut en Wandi was nou weer sy sjef en hy was baie bly om ons weer te sien. Daar was kliente van Duitsland wat na Ben sou skuif na hulle so n paar gewone bokke geskiet het en Selby het my sy jongste olifant tande gaan wys, hulle was groot maar ek het al groter geskiet en hy wou dit nie glo nie. Ek het hom my egte 416 Rigby gewys en hy wou hom vreeslik graag gehad het maar ek was werklik te verlief op die geweer wat n ekstra patroon in die magasyn gehou het. Ek het hom beloof dat hy die eerste opsie op hom sou he. Ek het my ander wapens wat nog van die VSA afkomstig was by sy onderneming geregistreer want ons moes deur sy onderneming dit doen. Slegs die staat kon wapens aanhou en alle ander wapens was by die ondernemers geregistreer. Selby het hom baie min hieraan gesteur maar ek het gesorg dat myne reg was en ook Jeannie sin. Kabous en Monica het opgedaag met sy klein trekkertjie op sy bakkie en ons sou n heerlik aand saam met Selby he. Daar sou ook regerings mense kom vir die begrafnis en hulle sou eers die volgende more van Maun af ry.

Wandi het sy beste voor gesit en ek het met die leerling jagters gaan kennis maak. Selby het nou n jagters skool gehad en baie manne van suidelike Afrika en selfs so ver soos Tanzanie en Zambie het hier kom leer by een van Afrika se grootste meesters. Ook mense van ons land maar op my destydse aandrang het hy eers seker gemaak dat hulle militere verpligtinge op datum was en dan het hulle n proffesionele jagters kursus hier voltooi. Ons het baie beesvleis saam gebring wat Kabous vanaf Serapa gebring het en met die nonne se baie soorte groente was dit meer as n vyfster ete. Jeannie het haar baie mooi gemaak en die Duitsers was in vervoering oor die pratige meise wat Afrika gekies het en so gelukkig was hier. Hulle was baie aangename mense en het al koedoes en gemsbokke en rooibokke geskiet en die jag het ook voort gespruit uit die manne van Siemens wat saam met my en Jakkie gejag het en daaroor gaan skryf het in hulle land.

Die ander het later gaan slaap en ek en Selby en Kabous het lank by die kroeg gesit en dinge uit gewerk en toekoms planne gemaak en ons was dit eens dat dinge baie glad geloop het, die jagtery en Kabous se toere was n sukses en die regering was tevrede. Ek het net te min self gejag maar het vir Luka en Temba en Katwindi gehad wat werklik van die beste was. Hulle het ook met die boesmans gehelp en dit het ook bykans n volle werk geword want hulle het al hoe meer geword en in die reservate in getrek waar hulle veilig was teen ander volke. Selby het nie baie van die boesman opheffing gehou nie maar het nooit sy mond daar oor gerep nie en ons laat begaan. Ons het tot laat gesit en gesels en hy het my sy nuwe geweerkamer waar hy bykans alle kalibers herlaai het gaan wys en alles was van Barnes afkomstig en kliente het dit saam gebring as hulle op Maun met Kabous se pa se vliegtuig geland het. Daar was genoeg om n arsenaal op te bou en die pakke koeels en blikke kruit was baie en hy sou baie jare kon laai daarmee. Dit was baie goeie advertensie vir Barnes.

Ek het die aand vir Jeannie gese dat ek Maun toe wou gaan en Kabous wou ook gaan sake doen met Asiate daar vir Serapa se winkel en drankwinkel en van daar was dit nie te ver na die Odendaals by Ghanzi nie en ek sou hulle bel op die foon en hoor of hulle iets nodig gehad het van Maun af. Ek het ook gereel vir groente by die nonne wat ek altyd voor betaal het want hulle het weekliks baie groente in Maun gaan aflewer. Ek wou vir Oom Odendaal n geweer gaan gee wat ek by n ander konsessie gekoop het en by Selby geregistreer het en dit was n 8×60 BRNO met n half lengte agtkantige loop en meer as 400 Dynamit Nobel patrone wat in 196 grein was. Daar was ook n hele klomp RWS patrone by en die geweer het n teleskoop op gehad en hy het lekker geskiet en groepeer. Sy eie ou 7,9 was al baie gedaan en die mense het gedurig leeu kopsere gehad en dit was n lekker leeu geweer. Ek het ook by Selby vir hom n klomp 303 Barnes herlaaide patrone gekoop en dit sou hulle n ruk aan die gang hou. Die mense was so goed vir my dat ek iets moes terug gee. Selby het n spul nuwe 303,s gehad en hy het een saam gestuur want dit was ook sy vriende. Dit was nuwe P14,s met gaatjie visere en jy kon dit platslaan en met V visere skiet as jy wou. Ek het dit nooit weer daarna gesien nie. Hy het gese dat n geweersmid dit vir hom so gebou het toe hy op “Tsetse Control” wou gaan en dit toe nooit gedoen het nie. Die geweer was baie akkuraat.

Ek was vroeg op die more van die begrafnis en het na die bokke gaan kyk voor hulle uitgejaag was en ek wou die graf gaan kyk om my beter voor te berei. John Gleeson en sy span het op Maun by Riley’s gaan slaap en hulle was ook vroeg terug want hy wou so veel as moontlik filmwerk doen van die boesmans en veral die begrafnis. Ek en hy is saam met die nuwe leier na die graf toe en dit was nogal iets om te sien. Dit was n groot graf en die grondtipes het my dadelik opgeval, onder die rooi sand was swart leemgrond wat later turf geword het. Jy kon bykans n bakkie begrawe in die graf so groot was hy want teen die kant wat oos gekyk het was n tipe grot gemaak waar die oorledene sou sit en voor hom sou daar stompe gepak word om hom teen die grond te beskerm. Hy sou genoeg kos en water kry om te hou tot dit weer nuwe maan sou word want dan sou hy verhuis. Ek het dit so aan hom verduidelik. By die boesman nedersetting was almal baie hartseer en terneurgedruk en alles was in rep en roer om die gebeurtenis glad te laat verloop. Selby het n paar wildsbokke geskiet en van die Tswana kapteins het n twee beeste geskenk en daar was gebak en gebraai om vir almal te sorg.

Ek is terug na Jeannie toe en het gaan ontbyt eet by die nuwe plek van Selby, hulle was ook maar snaaks en het verskil van ons Boere, die Engelse het “Gebreakfast en dan weer Gesupper.” Waar my Ma altyd n redelike oggendete gehad het met niks snaaks nie en n groot middag ete en saans iets baie lig het hulle dit heel anders gedoen. Saans was dit weer so maar in die middag was daar bykans niks nie. Hier het ek die heerlike ete baie geniet en ek en sy het sommer tussen die boesmans rondgeloop want alles sou eers teen tien uur die more begin, hulle het nie eens tyd geken toe ek twee jaar gelede opgedaag het nie. Ek het my eerbetoning gaan toon by die ou man se huis en persente en geld gelos en sy mense het vir my n assagaai gegee wat hy aan my bemaak het. Dit hang van dag nog in my kantoor. Ek sou die ou leier werklik mis want ons het lank saam gewerk en ek het hulle in vodde gekry en dit was nou heel anders, almal was mooi aangetrek en met mooi westerse klere aan en die kinders net so mooi en die nonne met dit wat hulle maar gedra het.

Ek en Jeannie het ons gaan aantrek, sy met n baie mooi rokkie en ek met my beste jagklere en ons het die begrafnis waar n paar staats manne ook by was gaan bywoon. Selby en sy vrou was ook daar en so ook alle jagters by hom. Dit was n tradisionele boesman begrafnis. Die oorledene is op n stoel gemaak sit soos wat hy in Selby se koelkamer was en ses mans het die stoel met die graf se trappe afgedra en in die tipe oorhang of grot gaan neersit. Sy oe moes oop wees want hy moes die son sien opkom en al die pad het John Gleeson en sy mense dit afgeneem. Toe is daar geld en kos en baie water en n paar kole en harde kool stompe en sy wapens en wat hy sou nodig kry om na die land van die maan te loop. Sommer baie vleis en groente en ook gaar sowel as rou vleis en werklik genoeg vir n lewende wese om n lang tyd onder die grond te kon oorleef. Ook nuwe klere en persente vir die mense en vriende wat daar vir hom gewag het. Toe is begin om met n paar zebra velle die grot toe te maak nadat die stompe gepak was en die man was nou basies in sy eie kerker. Die graf is toe gegooi tot byna bo en toe word daar vuur gemaak want die hienas en leeus kon dalk die ou man pla daar waar hy nou was. Jeannie wou n blommekransie saam met John van Maun af laat kom maar ek het aan haar verduidelik dat dit nie kos of geld was nie en geen waarde sou he vir die mense nie. Ons het die soorte van onthaal bygewoon waar die staat se mense vir almal vertel het hoe hulle die boesmans opgehef het en al die werk wat hulle gedoen het en die leier het na my toe gekom en gese dat ek en Selby en Kabous moes vertel vir die klomp wat teen woordig was dat die regering besig was om te lieg. Hy het n onuitspreeklike naam gehad maar ek het hom Doppie genoem. Hy kon sy siel verruil vir koper en elke lee doppie was vir hom iets baie kosbaars. Ek het hom gevra wie vir hulle sorg en hy het na ons gewys, en ek het gese dat hy dan vir ons moes glo.

Ek was bly toe die begrafnis verby was en ek wou na Ghanzi toe ry na die gawe boere mense en sommer daar by n windpomp gaan slaap en net weer myself wees en weer gesels met Jeannie want ons was byna elke oomblik van elke dag deur iets onderbreek. Ek het die Odendaals gebel en hulle was reg vir ons en die span van John en ek het te vinnig gery en vir John onderkant die Ngami meer weg gery en ek moes hulle gaan soek. En het eers teen laat son op die plaas aangekom. Dit was altyd lekker om by boeremense aan te ry en die ontvangs was heerlik en ek het van al die soorte groente wat die nonne geplant het saam gebring en die Oom se Engels het hom maar in die steek gelaat by die Amerikaners en hy het weer alles op film vasgele en ons het heerlik gekuier en gesels oor leeus en hienas en die twee gewere het hy met ope arms ontvang. Hy het baie leeus geskiet maar was nie toegelaat om wyfies of jagluiperds te skiet nie. Hy het gehou by sy woord en die staat se kontrak en ons het heerlik gekuier en sy beeste was werklik baie mooi en ek wou Afrikaner bulle by hom koop vir die staat se die Tswana nedersettings. Hy het nou bykans volmag gehad om leeus te skiet en het self die velle en skedels gaan ingee by die staat. Sy boorgate was bykans te veel want ek het om sy huis ses gate laat boor met nuwe windpompe en sy kon selfs n tuintjie aan die gang kry. Ek het die aand geniet en sou die volgende aand op Maun slaap en net weer beskawing geniet by Riley’s en dan weer terug na Nyati.

Dit was net lekker om weer n slag te kon boer en my eie taal te kon praat en weer die vee waarmee ek ook maar groot geword het te aanskou en net weer myself te kon wees. Ek en Jeannie het gaan perd ry in n wereld waar n leeu maklik jou kon jaag op jou perd. Ek het die geweer oor my skouer gehad om haar te beskerm en ek het net n sorgelose dag gehad. Ons is daar weg met met weer n bakkie vrag biltong wat die manne van John as oneetbaar beskou het en ek sou die middag op Maun saam met Kabous gaan sake doen en die hotel gaan slaap. Ek het gehou van Maun want baie mense en jagters wat daar kom water drink het, het my geken en ek sou bykans nooit sonder geselskap wees nie, dit was ook nie altyd welkom nie. Ten m inste kon Jeannie dit koop wat sy nodig gehad het om mooi te lyk en te oorleef en ek en Kabous het lank daaroor ook gesels. Hulle moes elke drie maande ten minste vir n week of meer beskawing toe kom. Ons kon in die bos oorleef, hulle het vroulike behoeftes gehad wat ons baie dae mis gekyk het.

13 Maart 1978




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed