Ek en prof gaan Katima en Victoria Valle toe
Oom Dirk Du toit was op Katima en hy was eintlik al kontak wat ek nog daar gehad het en ek wou weer vinnig n draai daar gaan maak en veral by Spyker by die saag meule aan gaan en ook vir Oom Dirk n paar van Kabous se glasvesel makorros saam neem. Bruce Kinlock het baie min meubels gehad en ek wou vir hulle van die mooi Afrika meubels laat kry. Uit ondervinding het ek geweet dat die “Reccies” wat hy mee goeie kontak gehad het die goed sou kon gebruik. Daar was ook maar oral water in die Caprivi en dit sou help met ontspanning vir die manne. Ons het besluit om die ontwerp so aan te pas dat hulle met twee pale aan mekaar verbind kon word voor en agter en dan kon twee of meer langs mekaar as roeibote gebruik word. Hulle het n platter vloer as die gewone hout soort gehad en en was ook breeer en het nie so maklik omgeslaan nie tog het dit maar n probleem gebly. Hulle was ook harder en sterker gemaak om in n mate seekoei byte te kon weerstaan. Tog was hulle so lig dat twee manne maklik een kon dra. Kabous het ook spane gemaak van glasvesel en dit moes ook saam gaan. Ek het met Oom Dirk gepraat op die satelietfoon en hy het ons verwag.
Ek en Jeannie en prof. het die more vieruur begin ry want ek sou nie op Katima slaap nie en weer terug kom en by Kasane of Kasangula oor die grens gaan na Rhodesie. Peter Capstick en n ou jagter van ons Mike Cameron, was by die Valle en ek sou hulle baie graag wou sien en miskien kliente uitruil vir die komende jaar. Mike en sy broer het twee konsessies in Luangwa en nog een hoer op in Zambie gehad en Capstick sou kliente soontoe ook bring. Ek het aanvraag gehad vir swart renosters wat by ons beskerm was en Mike moes my help. By die grenspos by Ngoma het ek nog die wagte weerskante geken en is ons maklik deur en ek wou vir prof. die mooie Liambesi gaan wys en het by Ngoma Store se “cuca shop” links in n westelike rigting gedraai en verby die polisie stasie gery, verby die groot alleen Kremetart na die wildevy wat op die vloedvlakte gestaan het so vyftig meter van die water af. Dit was vir my een van die mooiste plekke in die Caprivi. Hier het ek die gasstofies gevat en vir ons oggend ete gemaak. Dit was n hele paar jaar sedert ek daar was en die afwesigheid van wild het my dadelik opgeval. Ons het net seekoeie en n visarend en n paar krokodille gesien en die polisie man het na ons toe geloop en ek het hom uitgevra oor wild. Hy het my goed geken en het altyd R1 ammo gebedel wat ek nooit gegee het nie. Hy het gese dat die weermag se geskietery met alle soorte wapens die wild die wyk laat neem het, wild het nie gehou van mortiere en gewere nie en daar was net n paar lechwes langs die riviere en dan enkele olifante en tssebbes weg van die rivier af. Hy het baie lanklaas n leeu in die Caprivi hoor brul, anderkant die rivier in Botswana het hulle elke nag gebrul. Die toestroming van wild na Botswana het al hoe meer sin gemaak. Nog steeds was dit vir my een van die mooiste plekke op aarde en ons het noord gedraai na ons geeet het. Ek het hier vir ons godsdiens gehou en weer die Gewer bedank vir een van die mooiste plekke in Afrika, dit was net jammer dat dit so verlate was en geen wild meer oor was nie. Al diere wat ek gesien het was maer honde en van die bevolking se beeste en bokke. Ek het die ou Mafwe hoofman gaan groet en soos gewoonlik n paar Rand gelos en ons het die pad geneem noord na Katima.
Soos ons gevorder het met die pad wat nou baie mooi nuut was het ek geweet dat Jeannie weer met die verloof storie sou kom. Ek het by dieselfde plek gestop en weer n ring gekoop vir n paar Rand en sy en prof. kon my nie uitlos nie, die getrouery en geskeiery was die bron van hulle grootste plesier tot ons by die skool naby die pad gekom het. Alles het verander sedert ek die laaste maal daar was en selfs die skool het anders gelyk en ek het na die nuwe basis gery en veneem na Oom Dirk en die wag wou my nie toelaat nie en het hom laat roep. Dit was n nuwe vreemde basis met nuwe wagte en masjien geweer neste en n baie hoe water toring wat oor Zambie na Sheseke se kant toe gekyk het. Bo op was wagte met verkykers en n masjien geweer. My weermag ID boekie het niks gehelp nie. Hy het gekom en was baie bly om ons te sien en het ons genooi vir middag ete saam met die ander offisiere en ek het niemand behalwe Andre Bestbier geken nie. Dit was vreemd en die gesels oor militere sake het nie meer vir my saak gemaak nie, ek het besef hoeveel ek afgesterf het van die deel van my lewe. Daar was n gedenk steen opgerig vir manne wat ook in my tyd en daarna oorlede is en ek het my eer daar gaan betoon, my hoed afgehaal en die steen se name met my sakdoek afgevee en my emosie in toom gehou. Ek het terug gestaan en met my hoed op my hart terug gedink en n gebed opgese. In die agtergrond kon ek Andre hoor my Caprivi lewens skets gee vir die ander manne wat so in n halfsirkel agter my gestaan het. Ek het n stewige bydrae gemaak tot die oprigting van die steen en dit aan Andre oorhandig. Skielik wou ek net wegkom daar. Ek het nie meer welkom gevoel daar nie. Ek wou nie meer deel wees van die sage van my lewe nie en Oom Dirk het gesoebat maar ek wou by Spyker kom en meubels bestel en ry so ver as moontlik weg van Katima af. Die bitter herinneringe was besig om die goeies te oordonder. Dit was n vreemde plek wat vir my geen bekoring meer ingehou het nie. Die oorlog het te modern en te groot geword en ek het nie meer in gepas nie. Die militere praat en leefstyl was nie meer vir my nie.
Oom Dirk is saam met my na Spyker toe en die DKW jeep wat Sjoe Sjoe Hudson vir my gegee het was nog daar. Hy was bykans splinter nuut en Spyker moes hom saam bring tot by Ngoma, die grenspos as hy my meubels sou bring. Oom Dirk wou nog tien groot makorros gehad het en ek het gereel dat Spyker hulle by Ngoma se grenspos kon kom haal, ek wou so gou as moontlik wegkom van die gedeelte van die wereld waar ek so lank was en so baie oprerasies gedoen het. Die bootjies sou hom niks kos nie, hy moes net kom kuier by my by Nyati. Hy kon my glad nie verstaan nie en ek het my self ook nie verstaan nie, ons het n klompie fotos geneem . Ek het gaan brood en eiers en Stuyvesant en tabak by die BBK koop en ek was baie dankbaar toe ek die Cruiser se neus suid draai en het bykans te vinnig gery tot by die brug by Ngoma. Dit was doodstil voor in die bakkie en niemand het gepraat nie. Ek wou nie weer die Caprivi en sy mense sien nie, ek wou nie weer deel van die oorlog word wat nou baie goter as in my dae was nie. Dit was heel anders as wat ek my voorgestel het en ek was in my myself geweldig ontwrig en onseker en baie vreemde emosies wat ek nie kon opsom nie het deur my kop gemaal. Ek wou net so gou as moontlik uit die militere gebied uit weg kom. Ek wou weghardloop vir herinneringe wat ek nie wou erken of wou ken nie. Ek was bykans paniek bevange, n emosie wat ek nog nooit in my lewe ervaar het nie. Ek is deur n onsigbare drang gedryf om so haastig as moontlik weg te kom. Ek weet vandag nog nie hoekom nie. Ek weet net dat die lewe van n grens soldaat nie altyd lekker was nie en dat emosies die oorhand oor baie manne sou kry. Om in bevel te gewees het van mense wat nie meer daar is nie was nie lekker nie. Ek het probeer weghardloop van dit wat nie lekker was nie. Probeer weghardloop na n plek waar ek vrede geken het en rustig kon wees. n Plek waar daar nie name op n gedenksteen geskryf staan en waaroor ek skuldig gevoel het nie en miskien dit kon verhoed het nie. Ek het ook geweet dat ek nooit werklik sonder die vrag my lewe sou voortsit nie. Herinneringe, soet en bitter sou maar altyd daar wees en deel van my lewe bly.
Toe ek Botswana inry het ek stadiger gery en was meer kalm en Jeannie het begin praat, prof. het al die pad stil gebly. Ek het my optrede begin verduidelik en hoe ek gevoel het en dat ek nie weer sou terug gaan nie en dat ek in n mate bly is dat die era van my lewe verby is. Ek het verskoning gevra vir my haastige optrede en hulle het dit verstaan, tussen Ngoma en Kasane het ons baie wild gekry en ek is stadig tot by die grenspos waar hulle my ook geken het en het rustig gery in die rigting van die Valle. By n groot Kremetart het ek honger geword omdat ek nie eintlik saam met die ander offisiere geeet kon kry op Katima nie en daar het ek weer die stofies aangesteek en die vars brood en eiers van Katima geeet en vir ons koffie gemaak en ek het rustiger geword. Ons was teen 5uur op die Valle en ek het weer met die mense by die hotel gaan reel vir ons slaap plekke en vir Jeannie n bederf met hare sny en indraai en in die skoonheid salon n sessie en ek het n gids gereel vir prof. om die Valle te gaan besigtig en ook die korkodil plaas waar twee luiperds was wat ek vir hulle gegee het, hulle ma was gevang deur n krokodil by die Linyati.
Capstick en Mike Cameron het op die dek bo die water vir my gewag en ek was baie dankbaar om vir Mike veral weer te sien. Hy bly steeds die beste wit olifant jagter wat ek nog gesien het. Ek het eers gaan reel vir klere vir Jeannie by die boetiek en ook vir my self en hulle moes haar klere na die salon toe neem sodat sy kon aanpas en ons het gaan sit en die nuwe jaar bespreek. Peter Capstick het nie sy eie konsessie gehad nie en het maar so tussen jagters rond geswerf en hy sou help met die renoster skietery. Ons wou minstens vyftig renosters kon aan bied in die komende jaar wat dan in Zambie geskiet moes word en ek het met n prys met Mike ooreen gekom. Ek het geweet dat hulle nog sukkel om kliente te kry en ook dat die finansies nie baie sterk was nie, Afrika was n kookpot op die stadium. Ek het hom sesduisend Pula gegee wat baie werd was in Zambie en dus 25 renosters klaar gekoop die jagte ingesluit en hy sou die kliente by die Valle kom haal en weer terug bring. Sy jagfooi vir die kliente sou hy ekstra moes hef. Vir die eerste maal sedert Maart 1974 kon Selby weer die groot 5 aanbied en dit was geweldig baie werd vir ons. Hy het niks hiervan geweet nie en ek sou dit vir hom los vir n Kersfees geskenk. Ek wou baie graag deel wees van die sukses van Mike Cameron want hy het vir ons as jagter baie beteken en daar was ook spesies wat ek kon bied waarmee hy gesukkel het. Hy het ook ons gebied geken en sou welkom wees met kliente. Die samewerking tussen ons en Mike sou vir beide van ons in die toekoms baie beteken en dit het tot baie groot en suksesvolle jagte gelei. Dit was altyd net n plesier om saam met Mike Cameron te kon werk, hy was baie gesteld op sy woord en net so was ons. Daar was nooit geskrewe kontrakte tussen ons nie, net mondelings en ons sou daarby hou.
Prof. het terug gekom van sy toer af en hy het baie fotos geneem en kon nie uitgepraat raak oor die Valle en die water nie en hy het gese dat die mense by die krokodilplaas vir Jeannie wou sien om haar die twee jong luiperds te wys. Hule was baie klein toe ons hulle die dag in die boot gelaai het en ons het hulle aan n teefhond laat drink wat ons by Manwasi geleen het en toe hulle drie maande oud was en begin te handvol raak het ek hulle vir die mense gegee. Dit was ook Afrikaners en ek het hulle goed geken. Ons het begin drankies drink, prof was nooit n man wat eintlik gedrink het nie en Capstick sou water ook drink solank iemand anders daarvoor betaal het. Ek het met die eienaar gaan reel en soos altyd is die rekening net van ons vleis rekening afgetrek en ek wou weet of hy nog tevrede was met ons voorsiening van vleis. Hy was dood tevrede en het n klomp rooibok boude gekort vir die feesdae en ek het n aantekening gemaak. Katwindi en Luka sou dit moes kom aflewer. Ek het geweet dat Jeannie baie na aan klaar met die gepamperlang by die salon moes wees en ek het vinnig gaan bad en geskeer en was baie gou terug by die manne op die dek. Prof. Fritz was n baie belese mens en hulle het gepraat oor hoe natuurbewaring baat vind by die jag van spesies, dit was baie interressant om die opinie van n natuurbewaarder te hoor en hoe n groot voorstaander hy van betaalde jag was. Hy was sy tyd ver vooruit en het aan ons al drie gese dat die behoud van Afrika se diere op die jag van trofee sou berus in die toekoms. As daar n finansiele waarde op n dier geplaas kon word sou hy bewaar word, anders sou die massas van Afrika hulle uitroei en op eet. Hy het baie kritiek uit bewarings kringe gekry oor sy standpunt, hy was n slim man en kon dit verdedig.
Daar het n man gekom wat ook van ons land afkomstig was wat n loods was en al vir ons gevlieg het, inteendeel hy het baie besigheid by ons gekry. Ek het n klompie besigheid gehad om te doen die volgende more en ek het die man gaan vra of hy dalk vir prof. kon vlieg oor die Kariba vir n tydjie die volgende more. Hy wou baie graag n koedoe en n eland skiet by ons en ek het die toer vir prof. so gereel en dit sou drie ure wees wat hy sou vlieg. Rhodesie en Zambie was so in n politieke “vryheids stryd” gewikkel op die stadium dat ek nie wou waag om verder as die Valle te ry met hom nie. Jeannie het gekom van die salon af en weer het sy die koppe laat draai. Daar was selfs n groep Duitsers wat net saam met haar wou afgeneem word. Sy het die goedkoop ringe van die “Cuca shop” gedra en almal, tot groot vermaak van prof en die ander twee, moes eers haar “husband” gaan toestemming vra. Prof. het gese dat daar nie n mooier vrou op die vasteland as sy kon wees nie. Sy het my kom bedank vir die salon en die klere wat tipies Afrika motiewe was en veral die kamoefleer klere het haar pragtig gepas. Sy het vir prof. as haar pa aan die vreemde mense voorgestel tot groot vermaak van ons manne. Hy het die ongekunstelde meisie baie geniet en hulle kon vir ure gekskeer en die spot dryf met enige mens wat dit moes ontgeld.
Die volgende more se afsprake was met twee tasidermie manne uit Rhodesie, ek was nie bereid om na hulle toe te gaan nie en hulle moes my kom sien. Ek wou Peter en Mike by gehad het want die manne het baie van ons werk gedoen en ons het n kommissie by hulle verdien wat hulle my geskuld het. Prof. het gaan vlieg en ons het met die manne gaan sit vir besigheid, dit kon baie vir Mike ook beteken wat ook maar net trofee gejag het. Ons het n oooreenkoms gehad met die manne wat ek maar by Selby kom erf het, hulle sou vir ons 10% betaal op alle werk wat deur ons na hulle verwys was. Hulle het baie werk gedoen vir ons kliente en die gehalte was baie goed. Ons het baie werk aan hulle deur gegee en albei partye het gebaat by die ooreenkoms. Hulle het die state gebring met die boekwerk en ek het vir Kabous gemis, tog was dit deur ouditeure gedoen en die tjeks het ek laat uitmaak aan Selby se maatskappy. Ek was bly toe al die formele goed afgehandel was en ek en Jeannie het na die krok plaas gegaan om “ons” luiperds te gaan sien. Die gedeelte wat ons onderneming by die manne gekry het was baie geld vir daardie tyd.
Daar was baie toeriste by die krok plaas en hulle het n teelprogram van n hele paar spesies gehad en of dit toeval was weet ek nie maar Jeannie was seker dat die katte haar herken het. Sy is saam met my in die kampies in en die manne van oorsee se kameras het gerol vir die mooie meisie wat so tuis was tussen die wilde diere van Afrika. Die eienaar wou n klomp fotos he vir reklame en dit het my lank daar besig gehou, sy is tot saam met mak olifante afgeneem en naby die krokke wat ek maar voor lugtig was. Die eienaar het vir my en Mike en Peter voorgestel as jagters van Afrika en Peter wat maar altyd te genoe was om die kollig te steel het begin jag stories vertel en natuur stories aan die toergroep. Dit het ek al gehoor en ek wou baie graag ook die Valle van die Zambiese kant af sien en ons is later saam met die groep oor die brug na die Zambiese kant. Daar was mooier en beter winkels as die Rhodesiese kant en weer was ons Botswana paspoorte baie werd. Hier het ek van aangesig tot aangesig gekom met die sg. “freedom fighters” van Swapo. Hulle het selfs n lesing gegee vir die toergroep en was geklee in hulle uniform en met AK’s gewapen. Ek het gewonder wat hulle sou gedoen het as hulle my agtergrond geken het. Dit was n spul propaganda leuens wat oor die wereld uitgestuur sou word. Daar het n snaakse gevoel deur my gegaan en ek moes my myself beheer en het niks gese nie. Hulle het hulle suksesse teen die regering vir die wereld vertel en natuurlik ook gebedel en simpatie gesoek by die mense van oorsee. Jeannie het my hand styf vasgedruk en aanhoudend na my gekyk met n waarskuwing in haar oe. Ons het n paar goed daar gekoop en ek was bly toe ons weer terug was in Rhodesie.
Prof. het die rit oor die Kariba baie geniet en kon nie uitgepraat raak daaroor nie. Hulle het op n eiland gaan land en hy kon van die inwoners ontmoet en met hulle gesels. Hy wou betaal vir die rit en ek sou dit nooit toelaat nie, ons vriendskap is deur die toer so saam gebind dat dit vir jare sou voortduur. Baie van sy navorsing is later geskuif van die Gemsbokpark na my toe in Botswana. Met die nuwe basis by Nyati sou daar altyd plek wees vir hom. Hy was die een man wat vir my gese het om aan te hou om my droom uit te leef. Elke oomblik saam met hom was n blote plesier. Kariba is wonderlik mooi en seker een van die mooiste skeppings wat deur die mens gemaak is in Afrika. Hy was lank stil en ons sou die aand huistoe gaan maar Mike het van n toergroep geweet wat jagters sou insluit en hy het ons gevra om nog n aand te bly. By die hotel was baie van ons onderneming se pamflette en ook aansoeke vir jag en selfs die deposito kon by hulle in betaal word. Dit was n groep Europeers en ons het goeie besigheid gedoen en het die tyd werklik geniet met Jeannie wat die besprekings moes opteken en die nodige administrasie moes doen. Die nuwe jaar sou meer gejag word as ooit tevore in die geskiedenis van ons onderneming.
Ek het altyd vir die grens wagte iets saam geneem, sommer brood, rookgoed, eiers, blikkieskos en koeldrank. Hulle het my goed geken en ek sou maar altyd n gespot met hulle he in Matabele en ons was teen middag ete weer terug by Nyati. Die migrasie van diere was nou bykans afgehandel en net los troppies diere was maar oral te sien met die nat gereende grond wat maar taamlik verwoes gelyk het. Die veld het egter baie vinnig herstel en ek het geweet uit ondervinding dat dit weer binne bykans n week baie mooier sou gelyk het. Baie diere het nie migreer nie en veral baie koedoes was oral opgemerk. Die ander soorte sou weer binne weke terug wees met hulle kalwers en lammers tog was die wat daar was mooi genoeg om ure na te kyk. Die watergat by ons was baie naby vol en diere van oral oor het dit besoek. Jakkie en Rob en Piet was nog by Ben se konsessie by Gwai besig om hulle laaste jag te doen en hulle sou eers oor n paar dae terug wees. Terwyl ons weg was het Katwindi en Luka die boesmans en ons laaste goed aangery van die Linyati af en ons was nou behoorlik in getrek en die honde en Jeannie se nagape was ook daar, net die mak buffel en zebra en die konstante grootuier vlakvark moes agterbly by Kabous en Monica. Die bok wat Manwasi vir haar gegee het het ook in drie verander en hy het n ram gestuur vir aanteling. Ons was halfpad terug toe Luka op die radio roep en se dat die eerste groep boesmans by Nyati was en hy wou weet of hulle kon in trek in die nuwe standplaas wat binne die basis grense was. Ek het gewonder hoe hulle van die plek geweet het en gese dat hulle moes wag vir my.
Prof, Fritz was baie opgewonde hieroor en ek was nie werklik nie want my riglyne was nog nie neergele nie en daar was baie van die bouspanne nog daar wat ek wou weghou van die boesmans af. Vir hulle was die wilde boesmans n snaakse ding en ek wou hulle eintlik net beskerm teen vreemde mense. Baie mense het hulle as diere gesien en vir my was hulle mense met dieselfde behoeftes as wat ek gehad het. Ek het vir Luka gese om my drie boesmans reg te kry vir as ek daar sou kom en hy moes my n getal gee van die groep. Ek was baie naby die basis toe hy my roep en se dat daar sewe en twintig volwassenes of half volwasse en nege kleintjies was. Dit was genoeg vir een koedoe op n aand en ek kon my beter voorberei. Hy en Katwindi moes n koedoe of twee wildebeeste gaan skiet en basis toe bring. Hy het gese dat hulle drie springbokke by hulle het en ek het die skietery gestop. Ons is reguit na die groep toe en hulle het langs die heining gesit met groot oe na een gebyt was deur die heining. Hulle wou nie raak aan die hek nie.
My probleem was altyd die taal want baie van die groepe het nie eens mekaar verstaan nie en daar was n gemeenskaplike taal wat almal verstaan het. Jas en Sixty kon die tale uitle en Twenty het weer in die Caprivi groot geword en kon hulle nie verstaan nie. Ek het Jeannie gemaan om nou nie weer die hele vrag lekkers wat sy by die Valle gekoop het vir hulle te gee nie. Die ou man met die merke van n lang leeftyd se son en reen en koue het my kom groet in n geraadbraakte Afrikaans. Hy het selfs n sonbril gehad wat n toeris vir hom gegee het want hy het blou oe gehad, sy naam was Tsamma. Hy het al op plase gewerk maar die veld het hom telkens terug geroep. Hulle het al lank in die klipkoppe agter die basis gebly en het die hele bouery dopgehou en gedink dat die boesman kamp vir hulle mense was. Dit was vir my belangrik om die verskillende groepe te dokumenteer en ek het lank daaroor gele en herkou om n stelsel uit te werk. Dit sou basies net ouderdom en geslag wees en die groep moes n naam kry, hulle groep het ek die Tsamma groep gedoop. Katwindi en Luka en my mense het n bakkie vrag hout aangery en ek het die eerste boesmans in Nyati in genooi.
Ek het die skokdrade van die basis verduidelik en die geriewe gaan wys en gewys waar hulle kon vuur maak vir braai en vuur maak om te stort. Daar was sestien nagamaakte glasvesel hutte/rondawels waarvan vier water in gehad het en toilette en storte gehad het en dan was daar n plek onder dak waar hulle kon vuur maak. Boesmans was nie baie lief vir was en seep nie en het die vet van diere aan hulle lywe gesmeer en ek het gewonder of hulle die plekke sou gebruik. Ek wou my eie boesmans deel maak van die stelsel want ek sou nie altyd beskikbaar wees nie en hulle moes die reels en wette verduidelik. Ek het die nonne op Makuku gekontak om die mense medies te kom diens en vir Bruce Kinlock gevra om hulle honde deur te gaan en te doseer en te dip en te ent. Hulle honde was ook maer maar baie beter af as die Tswanas se honde wat bykans langs hulle ribbes geloop het. Nie een van die mense het westerse klere gedra nie en almal het net velle en soorte van velle aan gehad wat dieselfde kleur as die rooi sand gehad het. Hulle het n verskeidenheid van wapens gehad. Ek en prof, het dit baie mooi bekyk. Die gewone pyl en boog wat hulle blykbaar maar baie min gebruik het en dan kieries en baie spiese en lang stokke waarmee hulle in die erdvarkgate sou voel vir prooi in die vorm van hase en ystervarke en selfs vlakvarke wat hulle bo enige ander dier verkies het. Hulle het meestal met honde en spiese gejag en baie honde was gekastreer. Hulle honde was vir hulle baie werd en daar is binne perke goed na hulle om gesien. Daar was n horde van strikke wat meestal uit volstruis senings gemaak was en dan ook n paar blikke wat seker maar uit die asblikke by kampe gekom het. Werklik net die basiese goedjies en dan baie gebreide velle waar onder hulle sou slaap en die kleintjies sou toemaak. Hulle het genoeg kos vir een aand gehad en ek het besluit om hulle te los en die aand my planne te probeer agter mekaar sit.
Jeannie het lekkers uitgedeel en ek het n pak tabak gegee en versigtig gebly om nie die mense bedelaars te maak nie en ook nie te bederf nie. Die eerste boesmans het by my kom slaap en ek het nie eens die rede vir hulle besoek gevra nie. Hulle het gelukkig gelyk en dit sou my vuurdoop met die nasie wees. Hulle was geholpe met kos en water en skuiling en dit moes vir eers genoeg wees. Die nuwe sjef Brian, het vir ons kos gemaak en na n rukkie se gesels het almal hulle le plekke gaan opsoek.
Ek kon die aand nie slaap nie en my gedagtes het mekaar gejaag deur my kop. Ek het op die dek bly sit en baie koffie gedrink en gerook en begin dink oor die omstandighede rondom my. Ek is werklik van een kant van die beskawing na n ander gedwing, van boesmans wat nog uit die oertyd dateer tot moderne Swapo guerrillas wat n paar meter van my was. Die vyand wat ek in Zambie en Angola so medoenloos gejag het, het my toegespreek asof ek n vreemde van n baie ver land af was. Ek was van die pragtige Valle tot n oorlog situasie en tussen soldate wat hulle siele sou verruil om die Swapo’s te kon sien en te kon bykom. Afrika het sy kontraste vir my in net twee dae gewys en my brein was te klein en my gemoed te deurmekaar om dit te kon hanteer. Die lewe het my hard gedruk en ek wou plaas toe en terug na ons land toe en ek het sterk daaraan gedink om Botswana en die hele Afrika drome te los en te gaan boer. Daar was te veel inmenging in die mooie land en te veel konflikte en te veel politiek. Dit het lig geword vir my op die dek en ek kon die diere sien water toe kom en ek het nie eens in my bed gaan le nie. Prof. het na my toe gekom en ek het my lot by hom bekla. Soos gewoonlik het hy my gemoed gekalmeer en gese dat ek so gou as moontlik met vakansie moes gaan. Ek het so veel sukses gehad in Botswana en ek moes dit nie laat ontsier deur my emosies en ander invloede nie. Hy het lank en ernstig met my gepraat en ek kon luister wat die man gese het. Dit het die storms binne in my so bietjie laat bedaar. Hy het gese dat ek my ambisie so bietjie moes onderdruk want in n land met so min mense kon daar misbruik gemaak word van n man wat die wa wou trek. “ Word so bietjie meer slapgat Pine, jy doen te veel en sal dit nie volhou nie.” Ek het besluit om sy raad te aanvaar, hy was n groot man en kon my net goeie raad gee.
Ek het besluit om nie gou weer die Valle of Katima te besoek nie en my net op my werk in Botswana toe te spits. Ek sou wegbly van die politiek en die konflikte van Afrika en bly in die land wat my so met ope arms ontvang het.
12 Desember 1977