Jongste aktiwiteit:

‘n Paar dae by Selby in Maun
vir

‘n Paar dae by Selby in Maun

Ons moes bykans deur die nag werk om die administrasie op datum te kry. Daar was gedurig navrae van die staat wat moes beantwoord word en ek het nou die boordery na die hidroloog geskuif wat ook n staatsamptenaar was. Ek sou hom op Maun kry en die dokumentasie saam met hom doen. Die gebied was net te groot en ons kon nie by alles uitkom nie. Jan Hugo en Bruce Kinlock moes tot in die vroee oggendure saam met my en Maria sit en alles uitklaar. Katwindi en Temba moes ook hulle getalle kom gee wat deur gegee is na Miki, Selby se vrou waar al die rekeninge opgemaak is. Jack Mullin en sy twee manne by hom sou eers na ons Ingwe konsessie gaan en by Johan Adriaanse gaan skiet. Hy moes nog van die kleiner spesies skiet en ook kameelperde wat ek nie laat skiet het nie. Hy kon sy olifant ook daar skiet want daar was bevolking wat die trofee kon benut of hy kon by ons Wankie konsessie skiet by Noel Wood en Paul Kruger. Dit was nou weer veilig genoeg by Wankie aangesien die weermag die gebied gereeld gepatrolleer het.

My boesmans was nog steeds besig met opleiding saam met Xolile en hulle kon nou al redelik bakkies bestuur en het al met die 243 op die baan geskiet. Jan Hugo se seuntjie, klein Jan het al die opleiding saam gedoen en sy ma het hom baie dae gesoek by Xolile. Hulle het dit baie geniet en hy het die wereld se geduld met hulle gehad. Katwindi en Temba moes n paar dae rus en Luka sou saam met my ry na Maun. Die boesman kamp was leeg behalwe vir n paar in die kliniek en Katwindi sou sorg as daar dalk n nuwe groep sou opdaag. Ons het nog steeds boeman kampies gebou en omhein by bekende waters en Bruce Kinlock moes dit gaan inspekteer want baie van hulle was in twee gedeel vir ons wat daar sou oorslaap. Die oprigting is ook deur Jakkie se mense gedoen maar die materiaal is deur Kabous se pa voorsien. Dit het behalwe vir die doringdraad heinings baie mooi by die veld in gepas en het skuiling gebied aan die mense wat vir so vele jare maar tussen die leeus en wilde diere moes slaap. Dit het ook interaksie gebring tussen groepe boesmans wat mekaar van tevore maar min gesien het, hier kon hulle weer spog met watse groot jagters hulle was. Toe die Sentrale Kalaharie Park tot stand gekom het in 1979 het die staat die selfde projek daar begin en die suide se boesmans kon toe ook in hulle eie gebied woon en oorleef. Van hulle het met klein groepies vee geboer in die park en dit is maar oorgesien.

Ek en Luka sou met die stasiewa ry wat pres. Kghama vir ons gegee het, hy het die presidensie se nommers en plakkaat op die deure gehad en ek wou dit afhaal maar Peter Williams wou dit so gehad het. Dit sou baie aandag trek langs die pad wat ek nie altyd wou gehad het nie. Dit het ook n mate van gesag gebring by die wie dit nodig gehad het. Hy moes kos en klere vir vier dae in pak en n rooster en ons sou sommer langs die pad braai of van die rantsoen pakke van die boesmans gebruik maak, dit was altyd in oorvloed. Hy moes die 6,5 en my dubbel 416 en sy 404 saam neem want ons het nerens gery sonder gewere nie. Ook moes hy slaapgoed in pak want ek het nie werklik geweet wat Selby se planne was nie, net dat ek na sy huis by Maun moes kom. Dit was waar alles begin het in Botswana en ek was lank laas daar. Ons is later as my beplanning weg en dit was al tien uur toe ek die bakkie op die groot pad reg suid wes draai in die rigting van die Delta deur die Mababe laagland. Selby het my aan gejaag want ek wou by Ben Grobbelaar aan ry by die Gwai konsessie maar ek en Luka het gemik vir die groot Kremetart langs die pad wat so veertig myl van Makuku en so sewentig myl van Maun af was.

Daar was braai geriewe by die boom en ek en Jeannie het al daar gebraai en ook toilette wat ons later laat opgradeer het. Daar het n paar toeriste voertuie gestaan en ons het een kant vuur gemaak en ons stoele opgeslaan en die wors en eiers gaar gemaak. Die bakkie het altyd aandag getrek en van die Britte het kom kennis maak en gesels. Ek het my maar as n staats amptenaar voorgestel wat in die natuurbewarings afdeling werk en ook na die boesmans omsien, dit was eintlik wat ek vir die staat gedoen het. Ek wou nie oor jag praat nie maar van die gidse het my geken en ek het erken dat daar gejag word. Dit kon net as normaal gesien word in n land met so baie wilde diere. Hulle het gewag vir nog n Volkswagen kombi wat moes kom wat ook toeriste gehad het. Op pad het ek en Luka die bussie gekry waar hy aan die brand was langs die pad. Ons kon van die mense oplaai en terug neem na die toilette en die ander bussies het hulle kom oplaai. Wat die brand veroorsaak het sou ek nie weet nie maar hy het totaal uitgebrand en sy wrak het lank langs die pad gele.

Ek het die afgelope paar dae my ouers geskakel en kon nie antwoord kry nie. Die oom wat op die handsentrale gewerk het, het gese dat hulle foon stukkend was. Ek wou weet wanneer Jeannie en Naomie en Monica terug kom want Paul sou hulle op Maun kom aflaai. Ek het geweet dat hy die bokke wat hy wou skiet by ons sou gekry het want daar was nooit geskiet nie. Toe ek laaste met hulle gepraat het het hy al byna klaar geskiet. Hy sou nie kom jag in Botswana nie en sou weer terug gaan VSA toe. Hulle sou oor Windhoek kom en hy sou weer via Windhoek terug gaan. Ek was baie naby Maun toe Selby my roep en wou weet waar ek was, ek het gese dat ek nog n uur of meer sou ry. Ek wou by die lughawe aanry en kyk of Paul se vliegtuig nie daar was nie en hy was ook daar. Ek is eers na Rileys toe om hare te gaan sny en toe ons naby Selby se huis kom het ek uitgeklim en vir Luka gestuur met die bakkie om te se dat ek eers saam met n staatsvoertuig na Gaberone is en more sou kom. Ek het agter die palm boom in sy tuin gestaan en Jeannie en die ander vrouens en Selby en Miki en Paul en my ouers was daar. Sy verrassing sou my nie weer vang nie en hy was briesend omdat ek nie daar was nie. Ek kon alles hoor want ek was bykans by hulle. Hy was nog besig om die arme Luka sleg te se toe ek langs hom kom staan. Die weersiens was heerlik, ek het nie my ouers daar verwag nie. Ons is saam in die ruim woonhuis in en Paul kon nie gesels tussen Jeannie se gekekkel nie. Kabous se bestuurder was op pad om vir Naomi en Monica te kom haal en terug te neem na die Linyati.

Paul het die jag baie geniet en het geskiet wat hy wou en ook sommer n paar bokke vir my Ma. Hy het n baie mooi vaalribbok geskiet en ook n rooie wat beide Rowland Ward was. Die blesbokke was volgens die polaroid kamera baie mooi en hy het n koedoe bul geskiet vir my Ma waarvoor sy baie dankbaar was. Hy het ook twee klipspringers geskiet en al sy trofee was beide manlike en vroulik. Hy het ook n erdvark geskiet waarop hulle heel per toeval in die dag afgekom het en op die stadium nie beskermd was nie. Hy kon nie verstaan dat my Pa nie wou jag nie. Selby het my ouers geken want hy het by hulle gekuier toe Miki in die hospitaal was en hy het hulle ook in Botswana leer ken toe hulle die eerste maal saam met Kabous se pa kom kuier het.

Dit was die eerste maal dat ek my Pa wat so n stoere boer was met n jean gesien het en my Ma was net so mooi aangetrek. Alles klere wat Jeannie van die VSA saam gebring het en hulle was twee aande in Winhoek wat my ouers baie geniet het. Hulle was nog nooit tevore in Suid Wes Afrika nie. Dit was alles Jeannie en Paul se toedoen en hulle het die paar dae op die plaas baie geniet en was verras oor die baie wild wat op landbougrond voorgekom het. Ek het werklik my ouers gemis en was baie bly om hulle weer te sien en ons sou by Selby slaap die aand en Paul sou die volgende more weer terug vlieg tot op George en van daar Windhoek toe en dan terug Oregan toe. Daar was so baie om oor te gesels en tog het die ander geselskap dinge so effens oorheers en toe Kabous se drywer kom het ons na Riley’s toe gegaan en was ons darem vir so meer as n uur alleen. Ons het maar ouers en seun dinge gepraat en gepraat oor die toekoms en ek het gese dat ek nog gelukkig was en hulle maar eers moes boer. Die man met die een arm wat by my gejag het het, Jaco, het by die staat gewerk en hy was ook daar en ons is teen skemer terug na Selby se huis. Hy het n kaggel in die middel van die vertrek gehad en ons kon heerlik gesels en hy het my aan gese om eers met hom te beraadslaag voor ek sou terug gaan die volgende more. My Pa kon ook Xhosa praat en hy en Luka het mekaar verstaan en hulle het oor ons jagtery en die boesmans en die nuwe plek waar ek gewoon het gesels. Luka was werklik n baie lojale man en my Pa was verstom dat ons so n goeie verhouding gehad het en vir die eerste maal het hy swart jagters werklik leer ken. Luka het oor die ander jagters gepraat en ook waar die buffel ons byna getrap het en Selby was so effens dikbek want hy kon nie Xhosa en Matabele verstaan nie. Die twee tale is na aan mekaar. Selby was Swahile ten volle magtig maar dit het nie in Botswana gewerk nie.

Hy het eers weer smaaklik vertel hoe ek gehuil het toe ek die dubbel 416 gekry het en my Pa en Paul wou die geweer sien wat Luka toe ook loop haal het. My Pa het nog nooit n ander dubbel as n haelgeweer gesien nie en het dit glad nie geken nie. Hy het gedink dat alle dubbels maar haelgewere was en het gesoek na die hane wat jy moes oorhaal om te kon skiet. Jag en gewere was werklik nie sy belangstelling nie. Later het my Ma my vertel hoe erg sy en my Pa oor Jeannie was en hoe hulle haar op die plaas geniet het. Ons het tot na 12 gekuier en ek en Luka het gaan slaap in een van die buite gaste kamers. Hulle is die volgende more terug en ek en Jeannie en Luka was alleen saam met Selby en Miki. Hy het die vorige aand weer n klomp geld aan my gegee en ek het geld gehad wat kliente en Kabous aan my gegee het vir ons Serapa besigheid en ek kon n baie mooi som geld vir my Ma gee en se dat hulle dit op die plaas moes aanwend. Ek het nie plek gehad in Botswana om geld uit gee nie.

Ons het verskuif na Makuku toe waar sy jagbasis was en waar hy eintlik maar gewoon het. Daar is weer koeels opgelaai en doppe en kruit wat hy saam met kliente laat kom het en ons moes nog n aand oorbly want ons het dinge gehad om te bespreek. Hy was soos bykans altyd baie tevrede met die jagkonsessies en dit wat ons gedoen en gemaak het. Sy seun, Mark was ook op Makuku en was n leerling jagter by sy pa. Hy was n boorling van Kenia en het gedink om daar te gaan jag as dit een dag sou moontlik wees. Ek wou by Ben Grobbelaar aan ry by die Gwai konsessie op pad terug en Selby het my sy syfers gewys. Hy het werklik baie goed gedoen en ook die ivoor skiet en die siek bulle het baie geld na die tafel gebring. Ek het dit beklemtoon dat die werk baie onaangenaam was en ek geen doel daarmee kon sien nie. Hy het dit verstaan. Jeannie het vir Miki saam genooi as hulle vrouens weer na die beskawing se kant toe sou beweeg en hulle het werklik net so goed oor die weg gekom. Ek het haar genooi om by Nyati vir ons te kom kuier as Selby weer sou kom. Ek het die hidroloog daar gekry en ons het die nodige administrasie afgehandel en hy het n sleutel van Selby se huis in Maun gekry want sy vrou sou nou ook na die land toe kom en hulle sou tydelik daar woon maar sou lang tye in die veld wees.

Ek het weer die boesman opheffing gaan deur kyk en was werklik baie tevrede. Hulle kon my al n sakkie lemoene saam gee wat nog effens suur was en die skool en die kliniek was weer groter gemaak. Hulle het geleef van die oorvloed van die Delta en hulle eie tuine en die twee jagters wat Jakkie laat loop het was voltyds by hulle en het vir die staat gewerk. Hulle moes die boesmans wat nou al baie was oppas as hulle in die natuur sou gaan hengel of jag en dit was vier dae per week. Die trofees se vleis van Selby en Ben by die Gwai konsessie is alles na hulle gestuur en van die boesmans het ook op die paaie gewerk wat Kabous se pa se maatskappy gemaak het. Hulle was besig om n grond landings strook by Gobabis Hills te maak vir die fotografie mense. Die maatskappy het n klompie mense uit ons land gehad wat die swaar masjinerie gewerk het en die hande arbeid was net met Barakwenas gedoen wat by die opheffings projek betrokke was. Hulle het almal westerse klere gedra en dit was op aandrang van Lady Ruth Kghama wat geglo het dat n mens jou waardigheid behou as jy darem geklee was. Daar was n selfs skool uniform wat op die perseel gemaak was deur vrouens met die hand en hulle is daarvoor vergoed. Tog was alkohol verbied op die perseel en met baie goeie rede ook.

Vier dae per week het die mense gaan visvang en hulle het n kwota wild gehad wat die twee jagters aan hulle gelewer het. Die fotografie mense het ook van hulle gebruik gemaak as gidse en het met die bote en ook makakorros op die water gegaan en veral op Chiefs island baie fotografiese werk gedoen. Hulle het ook af en toe veral seekoeie geskiet wat lastig en ongeskik was en die getalle is met Selby gekoordineer. Dit het baie goed gegaan met die mense en hulle was versorg en baie het werk gehad. Hulle tuin en boord was n lushof en hulle het baie groente aan Maun en ook aan ons gelewer. Dit was nie meer die agterlike en verrineweerde mense wat ek daar kom kry het nie. Opvallend was die baie fietse wat elke werker wat geld verdien het gekoop het op Maun as daar groente sou afgelewer word. Hulle was ook mal oor transistor radios en die sou by elke huise altyd hard bler.

Jeannie het weer die wereld se goed saam gebring van die VSA af en daar was skaars plek vir die maere Luka agter in die stasie wa. Ons wou by Ben aanry en van daar reguit na ons plek. Dit was lekker by Ben en sy basis het nou heeltemal anders gelyk. Klein Ben en Jeannie het baie gesels en hulle het op die halfmak seekoei gery met Bees die Batonka baie naby om darem net n oog tehou. Hy het vertel hoe hy n kapelslang baie naby klein Ben dood gemaak het en hoe gelukkig hy in die land was. Sy seuntjie was omtrent dieselfde grootte as Ben sn en die twee en die drie rifrugte was n paar hande vol. Dit was die eerste maal dat die Batonka met my gepraat het en ek en hy het gaan pyp rook weg van die ander af. Ek het my weereens verwonder aan die reus se sterke liggaam en sy absolute verafgoding vir Ben. Die mense met die snaakse voete, die Vadomas, was Ben se bediendes en hulle het nie met die nader nasies gemeng nie. Ben het nog steeds die tweeling wit jagters uit ons land gehad en het nie met swart jagters gejag nie. Sy basis was pragtig en mooi en het bykans op die water gele. Die boonste basis wat hy Kavango genoem het, was primitief soos sommige jagters dit verkies het. Ben se konsessie het baie goed gedoen en ook was hy naby Selby en kon hy manne net vir enkele diere ook neem. Ons moes die lang jagte van 21 dae doen wat ons beter gepas het net omdat die afstande groter was na ons toe.

Jeannie was haastig huis toe en toe ons die afdraai neem na Nyati en die kameelperde oor die pad loop het sy effens hartseer geword, sy het die mooie wereld gemis en het verlang na die honde en die dikdikkies en die neushorings en die bromvoels. Ons het by n leeu gestop nie ver van ons huis af nie en hy het ystervark penne gehad en was lelik kruppel, n ou mannetjie met baie mooi maanhaar. Ek was nie lus vir skiet nie en het vir Katwindi geroep maar hy was in die suide by n boesman kamp en ek het die leeu gelos. Ek en Luka het sy spore gaan kyk, ons sou hulle weer herken, ons sou dalk die volgende more op hulle kom loop.

Jeannie se terug koms was deur almal in gewag en die hele basis was daar met die honde wat wou mal word. Daar was n klein dikdikkie, net n paar dae oud en so groot soos n klein hasie, sy moes net die bromvoels van hom af weg hou. Die twee honde sou die bokkie later saam met haar oppas. Dit was wonderlik om die vreeslose rifrugte te kon sien met deernis vir die mak goed in die basis. Nooit het hulle enigiets gebyt of eens geknor voor nie. As hulle egter op n spoor was, was hulle ander honde en het hulle net jag op die brein gehad. Sy het hulle so geleer en ons weet dat as hulle op die bakkies gery het dan was dit jagtyd. Tog was hulle geweldig gehoorsaam en ek kon hulle op spore of by agtervolgings terug roep en hulle sou dadelik kom. As ek met die geweer by die huis uitgekom het sou hulle met vrae en verwagting my aankyk, dan was die woorde “Stay”of “Get on” gewoonlik genoeg.

18 Mei 1978




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed