Februarie 2026 – OOP projek
Beste INKers
.Ons nooi julle uit om saam met ons in die donkerste, mooiste en mees onverwagte hoeke van julle verbeelding in te duik.
Hierdie projek het geen tema nie.
Gaan na die plekke in julleself waar woorde nog rou en ongetem is. Waar die emosie nog nie ’n naam het nie. Waar die storie nog nie vir die wêreld probeer mooi gemaak is nie. Skryf die stuk wat selfs jóú verras – die een wat jy nie geweet het jy kan skryf nie, die een wat jy amper bang is om neer te pen.
Of jy nou dig, ’n kortverhaal skryf, of prosa in enige vorm giet – hier is jou uitnodiging oop en sonder beperkings te skryf.
Lengte: Vry (maar hou dit leesbaar en kragtig);
Genre: Enige vorm van skeppende skryfwerk;
Tema: Geen;
Doel: Om te verras, te skok en die leser te roer.
Stuur jou beste, jou moedigste en jou mees onverwagte werk in.
Laat ons saam sien hoe diep jou skryfwerk kan delf wanneer niemand vir jou sê waar om te stop nie.
Innoverende mense skryf in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.