helder
skitter wit
skyn tot in my siel
nog een dag, vandag
dankbaar luister ek dan
na voëlgesang en bid ek
dat elke nuwe dag se lig
soos vandag se skrynende
helder lig, deur duister
sal breek – op my pad
oor my duine en seë
elke golfie se wit soom
om my voete sal room
wegsak in my gedagtes
vir mộre se mōres
dat skulpdiertjies
van drome my sal
omring en verdring
tot drome gedagtes word
en gedagtes woorde vorm
wat diep waardes kan
herstel en vestig
© Tearlach.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir FEBRUARIE 2026 – OOP projek