Jongste aktiwiteit:

Kerk of grasperk? Goudklas

Kerk of grasperk?

 

Bergpredikasie. Een woord. Grasperk gelowiges. Toe onse Here daar op sy klip preekstoel tussen die dorings gesit het. Daardie dag was daar geloof.  Geen klipmuur of glasvenster nie. Die hemel was Sy lig en die berge en Bome sy skanse.

 

My kerk gebou is mooier as joune. Sommige predikers spog met groot Kerke en nog groter ego’s. Daar is die uitsondering. Die wat Sy skape na groen gras sal lei. Hulle is die wat nie omgee om sommer so op sy klip preekstoel te sit en preek nie. Die wat dorings uit sy voetsole sal trek sonder om te kla. Die wat werklik omgee vir die skape.

 

Moenie my verkeerd verstaan nie. Hierdie skaap gaan wel kerk toe. Ons Pastoor is geen heilige nie. Hy drink sy wyntjie saam met sy ete. Hy hou van die Leeus en Manchester United. Hy sit ook plat op die gras tussen sy mense. Die wonderwerke gebeur daar in die veld. Wanneer die kerk as groep in die buurstate inbeweeg. Daar waar daar geen klipmuur of tëeldak is nie. Daar waar jy een met die natuur en in Sy beskerming beweeg.

 

Gee my die vrye natuur. Daar waar ek Sy teenwoordigheid sien, voel en ruik. Ek is tevrede plat op groen gras terwyl ek na Sy woord luister. Daar waar ek my arms kan opgooi en jubel. Waar ek die sproeirëen op my vel kan voel. Die son kan indrink en die wind deur my hare kan speel. Dan voel ek my tuis is my Skepper se arms. Wil ek voor Sy voete lê en al my laste uitstort. Wil ek soos Rut van ouds, koringare optel en uitdeel vir die wat honger is. My Boas het ek klaar ontmoet. Saam sal ons kaalvoet in Sy bediening loop.

 

©️ Amanda




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Pieter Mostert het ‘n nuwe publikasie gemaak