Herbegin #silwer
Die môrelig huiwer
waar die horison
ou wonde oop kraak,
sodat lig sy vingers
daarin kan steek.
Die verlede se skerwe
glinster vaagweg in
die sagte skemering
van die vroeë oggend
soos vêr af sterre.
Dun goue drade van’ie son
smelt oor die skaduwees
soos ‘n warm omhelsing
om die dag in te neem
sonder eed, sonder applous.
En ek … ek kyk hoe dit gebeur,
met verfrisde vars verwondering.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir JANUARIE 2026 – NUWE BEGIN projek