Jongste aktiwiteit:

Nuwe mens

Kyk, ek maak alles nuut, sê Hy
en spoedig gaan die ou dinge verby.

Alles Heer?
Ook my gebroke hart?
Sien U my pyn, my smart?
My sondeskuld wat ek dra?

Alles! Ek maak alles nuut
‘n Nuwe hart en nuwe gees
as jy My net toelaat
om jou nuutmaker te wees.

Dan kniel ek by Sy voete neer.
Ja, ek laat U toe my Heer,
kom maak my lewe nuut en skoon.

‘n Gebroke mens was ek
en met sonde bevlek,
maar nou
‘n nuutgemaakte mens,
‘n tuiste waar Hy kan woon.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed