kierang
kierangkierietjies
dwarrel oor my duin
stofstrepies van onthou
die klein speletjies van ouds
wat goud in my dageraad bring
saam met eerstelig gebeur dit
die onthou env erlang daarna
om nog een keer jonk te voel
regtig uitbundig kleuterjonk
uitgesproke kind van mens
sonder vrees of trane
al is dit net in gees
in oude vlees
getooi
om
spoedig te dooi
al my kierang
uitgemergelde
plesierigheid
loop uit op
laaste asempret
van dig en skryf
sonder kierang
met net my
gedagtes
en drome
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.