
banaal
gedagtes wat woorde moet word
raak uitgedun in die swerm spermselle
elkeen in fanatiese stryd om eerste indruk
by die vroulike oor-sel te kan maak
dit te kan laat reageer, besluit
of daar ‘n kans is op eenheid
dié spermselle wat stadig
is en nie die uterus
betyds bereik nie
of dié wie se
klanke nie
modieus
genoeg
klink
nie
word as banaal
afgemaak
en sterf
alleen
in eensame
verbeeldingsvlug
van wat kon
gewees
het
©Teárlach.
Banaal – Betekenis: • Platvloers, grof, alledaags en sonder diepte. Gebruik: • Hy vind die mense wat saam met hom op toer is kleingeestig,(banaal)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2023 KLUG projek